Ons moet dus nie toelaat dat die staat se gonswoorde ons om die bos lei nie. Onteiening sonder vergoeding is ’n semantiese bedrog – nes baie van die ander gonswoorde wat met grondhervorming te make het.
Alles vir die sleutelwoord "grondhervorming"
AfriForum oorweeg regstappe oor onteiening sonder vergoeding
AfriForum het die parlement skriftelik in kennis gestel dat hy met sy regspan sal konsulteer om die proses, dat artikel 25 van die Grondwet gewysig word om eiendom sonder vergoeding te onteien, as onwettig te verklaar.
LP’s hoor by kenners oor grondonteiening
Verskeie kenners het Vrydag aan die parlementêre hersieningskomitee gesê die regering moet nie “onbeperkte mag” kry om grond sonder vergoeding te onteien nie.
Mabuza ontwykend oor grondkwessie
Adjunkpres. David Mabuza het Dinsdag tydens vraetyd in die parlement ʼn eierdans oor die onteiening van grond sonder vergoeding gedoen.
ANC aanvaar voorstelle van grondberaad
Leiers van die ANC het ingestem dat grondonteiening sonder vergoeding moet voortgaan, soos voorgestel deur die party se grondberaad.
Die Grondkwessie sal bly – met of sonder die ANC
Die grondkwessie gaan lank nog ’n vraagstuk bly. Dit is uiters kompleks en waarskynlik nie iets wat die swakkerwordende ANC in sy tyd met sukses gaan oplos nie. Daarvoor is die party se bestuursrekord te wankelrig.
Ramaphosa gee meer duidelikheid oor grondhervorming
Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagmiddag die DA sowel as die EFF aangeval oor hul sienings van grondhervorming, en ʼn sterk aanduiding van sy eie standpunt daaroor gegee.
ANC wil plaasuitsettings stopsit
Pres. Cyril Ramaphosa het weer Saterdag tydens die beraad herhaal dat grondonteiening sonder vergoeding die enigste manier is om die kwessies van ongelykheid en armoede te takel.
Video: Polisie jaag grondbesetters uiteen
Die openbare orde- polisie moes Donderdag ʼn groep oproeriges wat glo begin het om grond onwettig by die Rietvlei-kleinhoewes buite Rustenburg te beset, uiteen dryf.
‘ANC mislei SA’ners oor grondhervorming’
Die VF Plus het Vrydag ná ʼn begrotingsposdebat gesê die regering beskik oor genoeg grond vir herverdeling en is oneerlik met die mense van Suid-Afrika as hy sê onteiening sonder vergoeding is nodig om die proses van grondhervorming moontlik te maak.
Regering wil vanjaar sóveel grondeise toestaan
Die regering het volgens ʼn verklaring van die VF Plus in die parlement erken dat in 93% van gevalle waar grondeise toegestaan is, die begunstigdes verkies het om eerder geld te neem, en nie die grond nie.
Die noodsaak van objektiewe geskiedskrywing en interpretasie
Ons behoort mekaar daagliks op te roep tot ’n groter kritiese ingesteldheid teenoor wat oor Suid-Afrika se geskiedenis kwytgeraak word. Soos die historikus wat objektiwiteit nastreef, behoort ons moeite te doen om die feite te weet. Slegs dan kan daar verantwoordelik geïnterpreteer word.
Memorandum oor grondhervorming aan ambassades oorhandig
Die betrokke lande se steun word teen sodanige onteieningsprosesse gevra.
Ramaphosa en EFF bots oor grondhervorming
Pres. Cyril Ramaphosa en die EFF het Dinsdagmiddag hul eerste groot botsing gehad – en dit was oor die verdelende kwessie van grondhervorming.
Ware grondhervorming is binne ons bereik – ons moet dit aangryp
Om alle Suid-Afrikaners van hul transportaktes te stroop – soos die EFF wil doen – sal enige moontlikheid dat die land ’n voorspoedige samelewing, met geleenthede vir almal, kan word, vernietig.
Vonke spat by debat oor grondhervorming sonder vergoeding
“Wittes het ʼn huis in Europa, hoekom gebruik hulle dit nie?”
Sal beleggers nou bereid wees om hul beursies oop te maak?
“Dit gaan moeilik wees om buitelandse beleggings te lok met hierdie uitdagings wat nog nie opgelos is nie. Iewers gaan Ramaphosa besluite moet neem wat ongewild kan wees.”
AfriForum wend hom tot buiteland oor grondkwessie
Die organisasie beplan om met regeringsverteenwoordigers, navorsingsinstellings, die media en potensiële beleggers in die buiteland te vergader.
Insette versoek oor onteiening sonder vergoeding
Diegene wat geskrewe insette wil lewer oor grondonteiening sonder vergoeding, het nou die geleentheid om dit te doen.
Landwye inligtingsessies oor grondonteiening sonder vergoeding
Die staat se voorstel van onteiening sonder vergoeding kom in sy geheel op diefstal van eiendom neer en sal alle Suid-Afrikaners tot nadeel wees. AfriSake sal nie by enige onteiening berus wat teen Suid-Afrikaners se regte indruis nie.