EFF-leier Julius Malema sal Vrydag weer na verwagting in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklagte van die oortreding van die Wet op Oproerige Byeenkomste nadat hy sy ondersteuners aangemoedig het om grond onwettig te beset.
Alles vir die sleutelwoord "grondhervorming"
Wit mense het grond wettig bekom
“Wit mense het grond wettig bekom. Hiér is die feite.”
Video: Gronddebat onder die loep by NFD
Gwede Mantashe, die minister van minerale hulpbronne, het tydens die Nasionale Forum vir Dialoog (NFD) in Johannesburg gesê as redelike mense die gronddebat nie oorneem nie, sal randfigure dit doen, wat tot anargie sal lei.
Minister van grondhervorming ‘stel onteieningslokval’
“Dit is onrusbarend dat die minister gesê het dat sy nog nié die eiendom [wat onteien gaan word] wil bekend maak nie omdat sy vrees dat dit die huidige eienaars sal tyd gee om verteenwoordiging te bekom en om vir ʼn moontlike hofgeding voor te berei wat haar taak sal bemoeilik.”
Gratis regshulp gebied vir eerste grondonteiening-slagoffer
Dit kom nadat Maite Nkoana-Mashabane, die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Dinsdag gesê het haar departement het reeds ʼn toetssaak vir grondonteiening sonder vergoeding geïdentifiseer en berei nou voor hiervoor.
Nuuskommentaar: Spel beter uit oor grondgryp
Verwarring oor hoe grondgryp sonder kompensasie plek in ons regstelsel gaan kry, word nou lustig uitgebuit om ’n klimaat van anargie te skep.
Instituut bevraagteken regering se grondoudit
Die Suid-Afrikaanse instituut vir Rassebetrekkinge (SAIRR) het Dinsdag gesê die regering se oudit oor grondeienaarskap is “ʼn baie twyfelagtige bron van inligting en misleidend”.
Boere sal self oor hul grond besluit, sê TLU SA
Die landbouers, wat hulle grond wettig besit, sal self besluit oor die status van hulle grond, en raak nou moeg daarvoor dat ander rolspelers buite die landboubedryf voorskriftelik probeer wees oor wat met landbougrond moet gebeur, of wat landbouers met hulle grond wil doen.
Foto’s en video: Spanning in Hermanus oor grondgrype
ʼn Polisiestasie in Hermanus in die Wes-Kaap is Maandag aan die brand gesteek deur ontstoke betogers.
Nóg grondgrype die afgelope naweek, talle vas
Sowat 2 000 mense het Saterdag op die luukse Waterfall-landgoed in Midrand toegesak.
Foto’s: Optog in Australië oor SA boere
“Dit is vir my kommerwekkend dat mense op die oomblik vervolg word. Die getal mense in Suid-Afrika wat doodgemaak of wreedaardig aangeval word, is ʼn realiteit.”
Grondonteiening: Nasionale Forum vir Dialoog ‘eensydig, ongeloofwaardig’
“Die eensydige geleentheid, geïnisieer deur onder andere Roelf Meyer, voorspel niks goeds vir die openbare deelnameproses oor grondonteiening sonder vergoeding nie.”
Groot kanonne ontplooi vir komitee oor grond
Verskeie groot kanonne is deur politieke partye ontplooi op die grondwetlike hersieningskomitee, wat moet besluit oor die moontlike instelling van onteiening sonder vergoeding in Suid-Afrika.
Oor onteiening sonder vergoeding
“Ons glo nie dat om die twee doelwitte van artikel 25 te bereik, daar enige grondwetlike wysigings nodig is nie. Die Grondwet is nie ʼn belemmering vir grondhervorming nie.”
Nuuskommentaar: ‘Ons sal maak nes ons lus kry!’
Suid-Afrika maak droog, en die land gaan trap Australië uit. Maar in die proses het Lindiwe haar hand met oorgawe oorspeel en Suid-Afrika gaan die wrang vrugte pluk.
‘Gee staatsgrond dadelik aan swart boere’
Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het Saterdag gesê enige afskaffing van privaat eiendomsregte sal Suid-Afrika se ekonomie ondermyn en tot groter armoede en werkloosheid lei.
Malema daag nie op by KZN-grondgrypsaak
Julius Malema, leier van die EFF, het nie Vrydag by die Newcastle-landdroshof opgedaag vir ʼn saak oor aanhitsing en betreding nie.
Die nuwe wind waai in die parlement
Presidensiële vraetyd het daarmee pens en pootjies in die 21ste eeu beland – in skrille kontras met die wyse waarop oudpres. Jacob Zuma te werk gegaan het …
Nuuskommentaar: Grondgryping en sportboikot
Sou Suid-Afrika vandag enigsins beter daaraan toe gewees het as almal van die begin af by slegs die waarheid oor grondbesit gebly het, eerder as om plek te laat vir alternatiewe persepsies wat op ’n groot leuen neerkom?
SA minister skop vas teen Aussies se stelling oor wit boere
Min. Lindiwe Sisulu het gesê ʼn politieke ingryping moet gedoen word nadat Peter Dutton, Australië se minister van binnelandse sake, gesê het sy departement stel ondersoek in na ʼn reeks maniere om wit Suid-Afrikaanse boere te help om vinnig na Australië te kan emigreer.