ʼn Skermskoot van ʼn e-posgesprek tussen ʼn oënskynlike kliënt en ʼn verteenwoordiger van Nedbank waarin die kliënt navraag doen oor die impak van moontlike onteiening op eiendom wat steeds onder verband by Nedbank is, word wyd op sosiale media versprei.
Alles vir die sleutelwoord "grondonteiening"
Eiendomsreg is swart en wit, en die woordspeling is aspris
Eiendomsreg en die bewaring daarvan teen die staat, word eenvoudig óf beskerm óf nie. In die sin is eiendomsreg soos swangerskap ’n binêre konsep. Dit is of dit is nie. Daar is ongelukkig nie ’n Gouelokkies-middeweg in hierdie debat nie.
SA ekonomie se grootste uitdagings
Ontleders sê die twee kwaaiste uitdaging is om ekonomiese groei bo 4% te kry en om die land se hoë werkloosheidsyfer nou kaalvuis te pak.
VF Plus stel hulplyn in teen grondgrype
Die Vryheidsfront Plus het ’n hulplyn ingestel vir mense wat deur grondvergrype in die gesig gestaar word, sodat daarteen opgetree kan word.
Bly koelkop
Deurdagte en kalm taalgebruik is geensins ’n teken van swakheid en kruiperigheid nie. Dis ’n teken van beskaafdheid en volwassenheid, soos die in toom hou van emosie eintlik deurgaans is.
Aksieplan kom teen grondgrype, onteiening sonder vergoeding
Die party het gesê hy beskou onteiening sonder vergoeding as ʼn ernstige menseregte-vergryp en gaan ʼn klag in dié verband teen die ANC-regering indien by ʼn internasionale liggaam.
‘Deel die grond’ sê Ramaphosa
“Dit moet nooit wees dat ʼn klein groep mense net vat wat die land te bied het en dit vir hulself hou en sê dit behoort net aan hulle nie.”
Trump-twiet: AfriForum gee sy feite oor plaasmoorde, eiendomsreg in SA
AfriForum het gesê Donald Trump se twiet oor Suid-Afrika verwoord ʼn geregverdigde kommer oor gebeure in SA en het diegene wat daaroor twyfel versoek om hulle te vergewis van die feite rakende plaasmoorde en die bedreiging van eiendomsreg.
Onteiening: ANC volg bloot Afrika-voorbeeld
En as almal dit per slot van sake doen, kan niemand vingers na mekaar wys of teen ongeregtigheid optree nie. Dit is hoekom daar tans geen stem uit Afrika opklink oor onteiening sonder vergoeding nie en Ramaphosa nie vir enige teenreaksie daaroor vanuit Afrika hoef te vrees nie.
Trump se twiet: Wat nou?
Wat wel waar is, is dat die wêreld in 2018 begin kennis neem van die situasie in Suid-Afrika en dat die belangstelling van die VSA se president dié kennisname in ’n nuwe kategorie plaas.
Wat het Suid-Afrika nodig: Inmenging of opheffing?
Die tragedie is dat, terwyl Trump polisieman speel, ander lande soos China en Rusland die gaping gaan vul wat Amerika laat. Nie een van die twee lande meng hulle in die interne politiek van Afrika in nie.
Suid-Afrika, Zimbabwe en die grondkwessie: Ooreenkomste en verskille
Die doel van hierdie artikel is nie om paniek te saai nie. Suid-Afrika en Zimbabwe is uiteraard ook nie spieëlbeelde van mekaar nie. Dit is wel tog belangrik om te let op die ooreenkomste.
SA regering se planne ná Trump-twiet
Die opspraakwekkende twiet het vanoggend se mediakonferensie oor die weeklikse kabinetsvergadering oorheers, met die parlementêre perskorps wat die minister van kommunikasie en kabinetswoordvoerder, Nomvula Mokonyane, daaroor gepeper het.
Trump-twiet: Regering wil met ambassade vergader
“Dit is jammer dat hierdie twiet gegrond is op valse inligting.”
SA regering kap terug ná Trump-twiet
“Suid-Afrika verwerp hierdie eng siening wat net ten doel het om ons nasie te verdeel en ons aan ons koloniale geskiedenis te herinner.”
Nuuskommentaar: Dit woel nog oor grond en Trump se twiet
Gaan die pas uitgereikte twiet van pres. Donald Trump waarin hy aandui dat die kwessie van grondgryp en plaasmoorde in Suid-Afrika deeglik ondersoek gaan word, ’n groter nugterheid, ook plaaslik, oor die lot van boere in Suid-Afrika bring?
Trump twiet oor plaasmoorde, grond in SA
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het vroeg Donderdagoggend Suid-Afrikaanse tyd, aan sy nagenoeg 53 miljoen volgelinge op Twitter oor grondonteiening en plaasmoorde getwiet.
Grondonteiening: Sakeliga dien PAIA-aansoek in
Dit volg ná ʼn artikel in ʼn Sondagkoerant waarin Rendani Sadiki, die waarnemende direkteur-generaal van die departement, erken dat ʼn lys van 139 plase wat vir hierdie doel geoormerk is bestaan.
Grondonteiening: ‘Boodskap van boere aan die president’
“Pres. Cyril Ramaphosa sal nie regkry om almal ʼn rat voor die oë te draai oor presies wat onteiening sonder vergoeding is en wat die ANC-regering daarmee beoog nie.”
Ramaphosa distansieer hom van EFF-grondbeleid
Pres. Cyril Ramaphosa het hom en die ANC vanmiddag tot die duidelikste mate tot dusver gedistansieer van die EFF se voorstelle om die staat die eienaar van alle grond in Suid-Afrika te maak.