’n Uiteenlopende nasie kan nie in ’n eenvormige staat ingedwing word nie. Die staat moet immers die nasie dien, in plaas daarvan dat die nasie die staat moet dien, skryf Flip Buys.
Alles vir die sleutelwoord "grondwet"
Kopieë van Grondwet toe nooit gesteel
Thandi Modise, speaker van die parlement, het sowat twee weke gelede ’n ondersoek van stapel gestuur nadat daar te min kopieë van die Grondwet tydens ’n induksie-opleiding vir nuwe lede was.
Niks oor ons, sonder ons nie
Moet egter nie álle fokus op die regering en sy prosesse plaas nie. Bou intussen aan ’n staatsbestande gemeenskap in die godsdienstige sektor van die samelewing. Maak seker dat die kerk op geen manier afhanklik van die staat se guns of vrygewigheid is nie.
Ideologie bedreig ons grondwetlike legitimiteit
Daar is diegene in ons samelewing wat die Grondwet kritiseer as fundamenteel gebrekkig, van beide die regter- en linkerkant van die politieke spektrum. Die stand van sake kan egter slegs reggestel word wanneer die publiek daarop aandring dat konstitusionalisme gerespekteer word, skryf Martin van Stadin van die Vryemarkstigting.
ANC praat met gevurkte tong oor Afrikaans
Die miskenning van moedertaalonderrig word deur elke gemeenskap in ons land ondervind. Hiervan is die deurlopende jaarlikse matriekuitslae-fiasko ‘n lewende voorbeeld van taalwanorde in die onderwys.
Die dieper reg van eiendomsreg
Om werklik ’n alternatiewe denkwyse op die tafel te sit, om ’n vernietigende ideologie van staatsinmenging die hoof te bied, moet ’n mens jou eie vertrekpunte hersien en die debat terug na eerste beginsels neem.
Liewe Cyril
“Ek verstaan dat jy jou probleme het. Net soos ons deesdae gedurig oor ons skouer moet kyk in geval ons aangeval word, is daar manne en vroue in jou eie party wat jou met lang messe inwag. Maar, Cyril, ons sou jou meer vertrou het as van daai mense nou al aangekla was oor hul korrupsie.”
NG Kerk en gays: Alliansie vra duidelikheid van hof
Adacsa vra die hooggeregshof vir meer duidelikheid oor die regters se onlangse bevinding teen die NG Kerk.
Menseregtedag – ’n tyd vir ernstige nadenke
Die vraag is: Hoe vaar die staat in sy grondwetlike mandaat om menseregte te beskerm, te bevorder en te verwesenlik?
‘Afrikaans? Só voel ek oor DA-parlementslid se artikel’
Prof. Annelie Lotriet van die DA het ’n goeie artikel geskryf oor die swak posisie van Afrikaans en veeltaligheid in Suid-Afrika. Ek stem met die meeste punte saam en sou beslis nie soveel lelike woorde gesê het terwyl ek die artikel gelees het, as sy die artikel namens die VF Plus, AfriForum of FAK geskryf het nie.
ANC of Suid-Afrika – die kantelpunt is naby
Die volgende paar dae sal duidelik maak of die ANC en sy leierskap Suid-Afrika, ons Grondwet en versoening eerbiedig, skryf Jaco Schoeman.
Grondonteiening: Twee prosesse tans aan die gang
Daar is tans twee parallelle prosesse aan die gang om grondonteiening sonder vergoeding in te stel.
ANC gee net lippediens sewentig jaar na verklaring van menseregte
Met die algemene verkiesing van 2019 voor oë is dit duidelik dat kortsigtige politieke winste belangriker is as grondwetlike regte en waardes, en die Universele Verklaring van Menseregte is bloot ’n irritasie.
Grondonteiening: ‘Ons sal dit beveg tot in die hoogste hof’
Twintig organisasies het Woensdag op ʼn spitsberaad in Centurion hulle opnuut daartoe verbind om saam te werk om die wysiging van artikel 25 van die Grondwet, wat onteiening sonder vergoeding sal toelaat, selfs tot in die hoogste hof te beveg.
Die media is nie die enigste slagoffer van Malema nie
Uitsprake van Julius Malema ondermyn die demokrasie en speel in die hande van elemente, merendeels misdadig, met moontlike noodlottige gevolge.
Discovery-aandeleskema: Regskenners gee hul mening
Maroela Media het met talle regskenners gesels om uit te vind of hulle meen die beplande nuwe bank se aandeleskema is moreel en wettiglik regverdigbaar.
Agterstand in skole-infrastruktuur vereis onmiddellike aksie
Die Suid-Afrikaanse publiek en die parlement kan nie net eenvoudig aanvaar dat daar nie genoeg hulpbronne is om alle openbare skole se infrastruktuur te verbeter en te beveilig nie – veral waar daar duidelik vermorsing van fondse is.
Gelykheid, menswaardigheid en regstellende aksie
Dit is tyd dat ons weer kyk na wat die Grondwet die staat en ander werkgewers toelaat om in die naam van regstellende aksie te doen of nie te doen nie.
Neem deel, dit is hoe ’n mens ’n verskil maak
Betrokkenheid is die beste manier om verandering te beïnvloed, ook in ons land.
Veg beslis maar beleefd vir die regte van die Grondwet
Hou perspektief en moenie dat die ANC en EFF se rassisme jou verlei om ’n spieëlbeeld van hulle te word nie, skryf Leopold Scholtz.