Het jy ʼn ontluikende jong rolprentster in die huis? Jaco Jacobs se jeugboek en kykNET-en-Rapport-wenner, Oor ʼn motorfiets, ʼn zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word, word binnekort in ʼn vollengte fliek vervaardig en ʼn landwye soektog na jong akteurs vir dié fliek is pas van stapel gestuur.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Grootskerm"
Grootskerm: Die Windpomp
Maroela Media het met die span van die nuwe plaaslike rolprent “Die Windpomp” gesels om meer daarvan uit te vind.
Grootskerm: Konfetti
ʼn Troue is iets waarmee almal hulle kan vereenselwig. Elkeen van ons het al ʼn troue as ʼn gas, blommemeisie, vriend of familielid bygewoon (of is self getroud). Ons almal ken troues en weet hoe dit gaan. Dit is presies waar die nuwe Suid-Afrikaanse rolprent Konfetti afspeel: by ʼn troue.
Grootskerm: Agent 2000 is die nuwe Swartkat
Tienerliefde, ʼn geheime agent, katoeters en ʼn boelie genaamd die Laksman… Die lokprent van video van die première volg onderaan die berig.
Hollywood skuur weer skouers met SA
Plaaslike akteurs gaan binnekort saam met Hollywood-sterre op die Suid-Afrikaanse silwerdoek te sien wees.
Grootskerm: Vrou soek boer
Die romantiese komedie Vrou soek boer begin vandag in teaters draai.
Grootskerm: Pad na jou hart
Die romantiese avontuur-film Pad na jou hart is eersdaags op die grootskerm te sien.