Die Overbergse klub Hawston het vanjaar die eerste keer in sy bestaan die Bolandse Grootuitdaagbeker gewen, nou is die uitdaging om hom teen die land se beste te kan meet.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Grootuitdaagbeker"
‘Diakens se span’ OP se nuwe kampioen
`n Span wat deur `n kerk se diakens op die been gebring is, het Woensdag die Oostelike Provinsie se Grootuitdaagbeker gewen – teen `n span wat die afgelope jaar `n merkwaardige ommekeer in sy rugbykrag teweeg gebring het.
OP-liga: kan verrassingspakkie aanhou wen?
Die groot vraag rakende Saterdag se eindstryd in die Woolfsonstadion om die Oostelike Provinsie se Grootuitdaagbeker is of die reeks se verrassingspakkie kan aanhou wen.
OP-liga: agteros skok voorloper met sege
Die agteros in Groep A van die Top10 in die Oostelike Provinsie se reeks om die Grootuitdaagbeker het Saterdag vir `n groot skok gesorg deur die voorloper in Groep B tot oorgawe te dwing.
OP: Despatch looi Polisie; hofsaak gaan voort
Despatch, wat Port Elizabeth Polisie se deelname aan die internasionale reeks om die Goue Beker teenstaan, het die Bobbies Dinsdag oortuigend 40-22 in die Oostelike Provinsie se Grootuitdaagreeks geklop.
OP-liga: afwagting gaan langer duur
Die afwagting in die Oostelike Provinsie-rugbyunie (OPRU) se Grootuitdaagbeker gaan ietwat langer duur met die uitstel van Saterdag se beplande wedstryd tussen die twee groot kanonne.
Bolandliga: dissipline, toewyding suksesresep
Dissipline en toewyding is waaraan van die voorloperklubs in die Bolandse ligas hul sukses in die eerste ronde vanjaar toeskryf.
OP-liga: twee spanne ruk merkwaardig reg
Veral twee spanne in die Oostelike Provinsie (OP) se reeks om die Grootuitdaagbeker het Saterdag merkwaardig verbeter op hul vertonings van die vorige week.
OP-liga: seuns teen manne deug nie
Dit deug nie om seuns teen hardebaarde te laat speel nie.
Bolandliga: Samoa leer les in ondersteuning
Darling het Moorreesburg (Samoa) Saterdag `n les in ondersteuning geleer in hul kragmeting in die streek SwartWeskus van die Bolandse Grootuitdaagreeks.
OP-liga: Progress doring in Despatch se vlees
Progress was Saterdag die doring in Despatch se vlees in die Oostelike Provinsie se reeks om die Grootuitdaagbeker.
OP-liga: beserings, sewes ry Madibaz bloots
Beserings ry steeds die Nelson Mandela- Metrolopitaanse Universiteit (NMMU) bloots in die Oostelike Provinsie-rugbyunie se Grootuitdaagreeks, en die sewesreeks om die Varsitybeker eis eweneens sy tol.
Bolandliga: naamgenoot gee kampioen opdraand
Villagers Montagu het die Bolandse kampioen en Goue Bekerspan, Villagers Worcester, opdraand gegee toe die twee spanne Saterdag sake in die bond se Grootuitdaagreeks uitgespook het.
OP-liga: twee rooi en vier geel in ru wedstryd
Sake het soms maar ru daaraan toe gegaan toe Port Elizabeth Polisie en die plaaslike Harlequins mekaar Saterdag in die Adcockstadion in die stad die stryd in die Oostelike Provinsie (OP) se reeks om die Grootuitdaagbeker aangesê het.
`Klubrugby staan terug vir ANC en verkiesing’
Klubrugby in Port Elizabeth staan blykbaar Saterdag terug vir die bekendstelling van die ANC se manifes vir die komende munisipale verkiesing.
Bolandliga: hittegolf keer nie dat vonke spat
Die vonke spat gewoonlik as Moorreesburg en sy buurdorp Piketberg mekaar in die Bolandse Grootuitdaagliga pak en Saterdag se hittegolf het g`n demper op die kragmeting geplaas nie.
OP-liga: Polisie kom stormsterk wind te bowe
Die Goue Bekerklub Port Elizabeth Polisie moes `n wind van stormsterkte te bowe kom om Park Saterdag in die eerste ronde van die Oostelike Provinsie (OP) se Grootuitdaagreeks te klop.
Bolandliga: spanne voel-voel mekaar nog
In die Bolandse reeks om die Grootuitdaagbeker voel-voel die spanne mekaar nog soos boksers voor hulle met mening lostrek, maar `n paar wedstryde beloof reeds taai stryde.
OP-liga: PE Polisie het dalk strafste taak
Dit lyk of Port Elizabeth Polisie die strafste taak van die vyf topklubs sal hê wanneer die Oostelike Provinsie-rugbyunie (OPRU) se reeks om die Grootuitdaagbeker Saterdag begin.
Bolandliga: Moorreesburg seëvier dramaties
Moorreesburg het Saterdag sy tuiswedstryd teen Vredenburg in die streek SwartWeskus van die Bolandse reeks om die Grootuitdaagbeker in die doodsnikke gewen.