“Mnr. Ramaphosa, hierdie enkele daad deur die Amerikaanse regering het meer gedoen in die stryd teen staatskaping as wat jy en jou regering al gedoen het om op te tree teen hierdie onverpoosde korrupsie en om dit ongedaan te maak.”
Alles vir die sleutelwoord "Guptas"
VSA swartlys Gupta-broers
Dit is gedoen weens hul “betrokkenheid by korrupte bedrywighede met staatsamptenare en amptenare van staatsbeheerde instellings vir hul eie persoonlike gewin”.
Duduzane Zuma in Zondo-soeklig
Oudpres. Jacob Zuma se seun het vandag voor die Zondo-kommissie van ondersoek verskyn en het sý weergawe van gebeure gegee te midde van bewerings dat hy die sogenaamde Gupta-koppelaar was in bewerings van staatskaping wat teen politici en die Guptas gemaak word.
SAKP sê Zondo moet omstrede Cedar Park-transaksie bekyk
Die transaksie is aangegaan toe die stad nog onder ANC-beheer was.
DA dien klagtes in teen Gupta-maatskappye
Die maatskappye het deur die bank voordelige handelsposisies bekom deur voor te gee hulle is klein maatskappye met ’n groot mate van swart Suid-Afrikaanse aandeelhouding.
OB gaan appelleer teen jongste terugslag in hof
Segalwe betwis dié bewerings dat Mkhwebane ʼn voorlopige verslag van haar voorganger, Thuli Madonsela, afgewater het om ANC-politici in die Vrystaat te beskerm.
Zuma praat oor Guptas voor kommissie
“Ek het nooit iets onwettigs saam met hulle gedoen nie, ons was net vriende.”
Oud-KPMG-vennoot moet sê oor Gupta-oudits
Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (Saica) hou volgende week ʼn dissiplinêre verhoor vir Jacques Wessels, ʼn voormalige ouditvennoot van KPMG. Saica sal sanksies teen Wessels oorweeg.
Gigaba skuldig, maar geen straf aanbeveel
Dit is die samevatting van ʼn lang verslag oor moontlike staatskaping en ander onwettige optrede betreffend die Gupta-burgerskapsage wat vandag in die parlement ter tafel gelê is.
‘Optimum is uit Glencore se hande geboelie’
“Nou dat mens terugkyk, was dit eintlik maklik om die legkaartstukke inmekaar te pas. Ons was geskok om te sien wat in die Openbare Beskermer se staatskapingverslag aan die lig gekom het.”
Molefe blameer vir Optimum-myn se ondergang
“Dit was soos om met ʼn baksteenmuur te onderhandel. Dit was nie ʼn bespreking nie, dit was ʼn posisie. Ons het mense by Eskom hieroor uitgevra en hulle was net so verward soos ons.”
Valke soek nie meer na Ajay Gupta
Die Valke het Vrydag bevestig ʼn lasbrief vir die inhegtenisneming van Ajay Gupta is teruggetrek.
Mentor: ‘Guptas het gereis sonder doeane-goedkeuring’
“Ek wil dit graag stel dat Atul verskeie paspoorte het en soos ek gesê het, ek is op ʼn Emirates-vlug deur ʼn Gupta-broer ingelig dat Atul reeds in China was.”
Glencore bereid om te getuig voor Zondo-kommissie
Suid-Afrikaners kan hulle daarop voorberei dat Eskom in 2019 steeds in die nuus gaan wees – nie net in verband met die Zondo-kommissie wat staatskaping ondersoek nie, maar ook in die raadsale.
Oudminister pak uit oor Zuma, Guptas se invloed
Die oudminister beweer die Gupta-familie was só invloedryk, dat daar selfs ʼn sekretaresse by hul Saxonwold-herehuis in Johannesburg was wat Zuma se dagboek bestuur het om seker te maak hy maak net soos hulle sê.
Manyi verdedig steun aan Guptas se koerant
Die voormalige hoof van die regering se kommunikasie-en-inligtingstelsel (GCIS), Mzwanele (Jimmy) Manyi, het sy steun aan die dagblad The New Age (TNA) verdedig en gesê…
Hogan getuig oor Guptas en reis na Indië
Barbara Hogan, voormalige minister van openbare ondernemings, het Woensdag voor die kommissie van ondersoek getuig oor die twee keer dat sy en haar wyle man, Ahmed Kathrada, met die berugte Gupta-familie te doen gekry het.
DA: ‘Ons kritiseer OB omdat sy nie haar werk doen’
Die DA het gesê hy hoop nie net die hof verklaar haar verslag oor die Vrede-suiwelprojek onwettig nie, maar hou die OB ook persoonlik aanspreeklik vir die koste daarvan.
Staatskaping van A tot Z
Hier is ʼn eerste A tot Z-blik op staatskaping:
Gigaba se getuienis wys Ramaphosa se probleem
As Gigaba se houding enigsins ʼn aanduiding is, kan Ramaphosa heelwat verdere probleme te wagte wees van die oorblywende Zuma-vertrouelinge in sy kabinet.