Beeldmateriaal wat vanuit ʼn helikopter geneem is en wat deur hommeltuie bekom is, wys hoe talle orka’s haaie al langs die kus agtervolg.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "haai-aanval"
Haai-aanval eis twee in Rooisee
Een van die slagoffers was ’n Oostenrykse toeris wat in Egipte vakansie gehou het.
Spesiale huldeblyk vir haai-slagoffer
Die Britse familie van Simon Nellist wat deur ʼn grootwithaai naby Sydney aangeval is, het Saterdag ʼn spesiale huldeblyk gelewer vir sy “seldsame gawe om met mense te werk”.
Afgryslike haaiaanval eis swemmer
Dit is Sydney in Australië se eerste noodlottige haaiaanval sedert 1963.
Branderplankryer sterf in haai-aanval
Die Australiër se hart het glo gaan staan nadat die haai hom gebyt het.
Wêreldwye erkenning vir innoveerder wat haaie red
Die plaaslike maatskappy, wat haaie en mense wil beskerm het, nou toegang tot ‘n wêreldwye netwerk om die impak van sy tegnologie te verhoog.
Vrou sterf ná vermeende haai-aanval in NZ
Indien ’n nadoodse ondersoek die oorsaak van die vrou se dood as ’n haai-aanval bevestig, sal dit Nieu-Seeland se 25ste noodlottige haai-aanval in die geskiedenis van dié land en die eerste in sewe jaar wees.
Man sterf in haai-aanval in Aus
Dit is die agtste noodlottige haai-aanval in Australië vanjaar.
Man spring op haai toe hy vrou aanval
ʼn Branderplankryer het op die rug van ʼn drie meter lange haai gespring toe hy ʼn vrou aangeval het en die haai geslaan tot hy die vrou laat gaan het.
Strandgangers gewaarsku ná haai roei-ski byt
ʼn Ooggetuie het glo gesien hoe ʼn man deur ʼn haai van sy roei-ski gestamp word nadat die haai onder die roei-ski gegaan en ʼn gat daarin gebyt het.
Luister: Knysna-strande gesluit ná haai-aanvalle
Die strande in die Knysna-omgewing waar twee withaai-aanvalle die afgelope tyd voorgekom het, is vir ʼn onbepaalde tyd gesluit.
Foto’s: Haai-aanval by Muizenberg
ʼn 20-jarige man is Vrydagmiddag beseer toe ʼn haai hom by Muizenberg in Kaapstad aangeval het.
Koue bier ná haai hom aanval, en hy self wond toewerk
James Grant (24) van Nieu-Seeland het ʼn haai met ʼn duikmes afgeweer voordat hy sy eie wond toegewerk en toe na ʼn kroeg is vir ʼn bier, het media Dinsdag berig.
Jong man van Australië sterf in haai-aanval
‘n 35-jarige man van Australië is Saterdagoggend net na 09:00 in ‘n haai-aanval by Left Handers Beach, Gracetown in Australië, oorlede.
Seuntjie oorleef haai-aanval danksy barmhartige samaritane
Logan Hamby (6) is in Miami, Amerika deur ʼn haai aangeval, maar hy het wonderbaarlik oorleef nadat vreemdelinge die haai aangedurf het.
J-Bay haai-aanval: slagoffer se naam bekend
Die 74-jarige man wie se liggaam Vrydag naby Albatros-strand in Jeffreysbaai opgespoor is nadat hy deur ‘n 4m-lange witdoodshaai aangeval is, se naam is bekend gemaak.
Man sterf tydens haaiaanval
Die Nieu-Seelandse polisie moes Woensdag ʼn vier meterlange witdoodshaai skiet nadat die dier ʼn man aangeval en doodgemaak het.