Haiti beleef al sedert Februarie ʼn toename in geweld. Bendes het saamgespan en polisiestasies, tronke, die lughawe en die hawe aangeval.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Haiti"
Eerste minister van Haïti bedank
“Die regering wat ek lei kan nie onsensitief wees teenoor hierdie situasie nie.”
Groot kommer oor krisis in Haïti
Gewapende groepe wat reeds ’n groot deel van Port-au-Prince beheer, het die afgelope dae verwoesting ontketen in hul pogings om premier Ariel Henry te verdryf.
Noodtoestand afgekondig ná aanval op Haïti-tronk
Teen Sondag was maar sowat 100 van die geskatte 3 800 gevangenes in die nasionale gevangenis in Port-au-Prince nog binne die fasiliteit.
Minstens 50 dood in Haiti-ontploffing
Brandstof is oor die pad uitgestort en talle omstanders het gehardloop om hul houers daarmee vol te maak toe die tenkwa ontplof het.
Ontvoerde sendelinge in Haiti ‘leef’
Die bende eis intussen $17 miljoen (sowat R248 miljoen) vir die groep se vrylating – $1 miljoen per gyselaar.
‘Bid vir ons’ – ontvoerde Amerikaanse sendelinge
“Bid, bid, bid. Ons weet nie waarheen hulle ons neem nie,” het die ontvoerde sendelinge Saterdag gevra.
Amerikaanse sendelinge, gesinne ontvoer
Die groep van tussen 15 en 17 mense, onder wie kinders, is deur ʼn gewapende bende naby die hoofstad van Haiti ontvoer.
Haïti-aardbewing: Meer as 12 000 nou beseer
Die dodetal het tot byna 2 200 gestyg en ʼn onbekende aantal slagoffers is steeds onder die puin begrawe.
Dodetal styg steeds ná Haïti-aardbewing
Honderde mense is in die puin vasgekeer en meer as 5 700 mense is beseer.
Dodetal styg skerp na Haïti-aardbewing
Reddingswerkers werk onverpoos om oorlewendes te probeer vind nadat ’n kragtige aardbewing van 7,2 Haïti vroeg Saterdagoggend getref het.
Veiligheidshoof vas ná Haïti-president se sluipmoord
Pres. Jovenel Moïse is op 7 Julie in die middel van die nag deur ʼn groep gewapende mans in sy huis vermoor.
28 uitlanders glo agter sluipmoord op Haïti-president
Haiti se regering vrees dat onluste ná die moord op Moïse kan uitbreek.
‘Huurmoordenaars’ dood ná moord op Haïti-president
Die president is glo 12 keer in sy kop, bors, heup en buik geskiet.
Haïti se president sterf in sluipmoordaanval
Die land se eerste minister, wat glo ná slegs drie maande in sy pos vervang sou word, is nou aan die stuur van sake in Haïti.
Twee groot storms op pad na VSA
Louisiana kan moontlik die eerste deelstaat in die geskiedenis word om binne 48 uur deur twee orkane getref te word.
Minstens 15 kinders sterf tydens brand by weeshuis
Minstens 15 kinders is dood in ʼn brand by ʼn weeshuis in Haiti, het plaaslike media berig.
Foto’s: Talle dood, beseer toe aardbewing Haïti tref
Volgens amptenare van die brandarm Karibiese eilandstaat is meer as 180 mense beseer, terwyl etlike geboue in duie gestort het.
Haiti se eerste minister bedank ná betogings oor petrolprys
Haiti se eerste minister het Saterdag bedank te midde van gewelddadige betogings oor ʼn plan om die brandstofpryse dramaties te verhoog.