“Ons het oorleef sodat ons vol lewens kan lei. Ek wil nie dood wees nie. My kinders wil nie dood wees nie. Ons sien uit na die toekoms.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Hankey-plaasaanval"
Hankey-plaasaanvaller swaar gestraf
Sebenzile Simane (32) is Donderdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth swaar gestraf vir die wrede aanval op ʼn plaas buite Hankey waartydens ʼn ma van drie geskiet en verkrag is.
Hankey-plaasmoord: Skuldige hoor gou sy lot
Sebenzile Simane (32), wat Woensdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth skuldig bevind is op 17 aanklagte rakende die wrede plaasaanval op ʼn plaas buite Hankey waartydens ʼn ma van drie geskiet en verkrag is, sal gou gevonnis word.
Man skuldig bevind aan wrede Hankey-plaasaanval
Die ma het vroeër tydens die verhoor getuig sy en haar drie kinders “is soos diere gejag” die aand van 23 Maart verlede jaar toe Simane by hul plaashuis ingebreek het.
DNS verbind verdagte met Hankey-plaasaanval
Sy DNS stem nié net ooreen met dié van die Hankey-saak nie, maar ook met DNS wat tydens ʼn ander saak verkry is.
Hankey-plaasaanval: ‘Ek sal sy gesig nooit vergeet’
ʼn Ma van drie wat voor haar dogter verkrag is tydens ʼn plaasaanval naby Hankey in die Oos-Kaap, sê sy sou nie haar aanvaller verkeerdelik kon identifiseer nie aangesien sy nie sy gesig sal kan vergeet nie.
Hankey-plaasaanval: ‘Ons is soos diere gejag’
WAARSKUWING: Die berig bevat besonderhede wat nie geskik is vir kinders of sensitiewe lesers nie.
Plaaswerker ontken skuld ná Hankey-aanval
Die aanklagte spruit uit ʼn aanval op ʼn 44-jarige vrou en haar drie kinders, nadat hulle in Maart verlede jaar in hul plaashuis oorval is.
Vrou ná nagmerrie-nag op plaas: ‘Hoekom ons?’
“Ek het vir hom gesê, ‘jy moet my nou laat gaan, anders gaan ek doodgaan in hierdie voertuig en dan gaan jy teregstaan op aanklag van moord’.”
Man weer in hof ná wrede aanval op plaas
ʼn 32-jarige verdagte het Donderdag in die Hankey-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn in verband met ʼn aanval op ʼn plaas in dié omgewing waartydens ʼn ma van drie kinders geskiet en glo verkrag is.
Man in hof ná Hankey-plaasaanval
ʼn 32-jarige verdagte het Dinsdag in die Hankey-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn in verband met ʼn aanval op ʼn plaas in dié omgewing waartydens ʼn ma van drie kinders geskiet en glo verkrag is.
Man vas ná Hankey-plaasaanval
ʼn Aanvaller het toegang tot die huis verkry deur verskeie skote deur ʼn glasdeur te skiet en die vrou is in haar rug gewond.
Hankey-plaasaanval: Verdagte vrygelaat
Die 30-jarige man wat in hegtenis geneem is in verband met die aanval Vrydagaand op ʼn 44-jarige ma van drie op ʼn plaas buite Hankey in die Oos-Kaap, is Dinsdag vrygelaat.
Vrou op plaas tydens aanval geskiet, glo verkrag
ʼn 44-jarige ma van drie het met ʼn koeël in haar lae rug saam met ʼn man wat haar na bewering op ʼn plaas buite Hankey in die Oos-Kaap pas aangeval en verkrag het, na ʼn kitsbank gery sodat hy geld uit haar rekening kon onttrek.