Die ANC se nasionale leierskapkonferensie skop eers amptelik Saterdag by die Nasrec-eksposentrum in Johannesburg af, maar Twitter is reeds behoorlik aan’t gons soos wat daar op dié sosialemediaplatform oor die konferensie gesels en gedebatteer word.
Alles vir die sleutelwoord "Helen Zille"
Die agt pilare van die blaam van apartheid
Ons moet kan praat oor apartheid sonder om dit regverdig. Die grootste struikelblok is nie meer die wil om verskoning te maak nie, maar die wil om aanvaarding van veral wit mense se hand van vriendskap en hulp. Wit mense se bydrae in die Suid-Afrika van vandag is enorm ten spyte van vele struikelblokke en kan nóg groter wees.
DA kap terug oor Zille se oorsese reise
Helen Zille is skerp gekritiseer oor die aantal oorsese reise wat sy in haar hoedanigheid as premier onderneem.
Mosie van wantroue teen Zille aangehoor
ʼn Mosie van wantroue wat deur die ANC teen die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, ingestel is, is Donderdag aangehoor.
Zille-twiet: Politieke diskoers ly daaronder
Die waarheid is dus, soos altyd, genuanseerd, veelkleurig en met oneindig veel fasette. Dis in elk geval baie ingewikkelder as wat die ANC/EFF (en Van der Westhuizen, Maimane of selfs Zille) ons wil voorhou.
DA-rusie soos manna vir ANC
Slegs ’n enkele instansie kry lekker oor dié interne DA-rusie – die ANC, en veral die Zuma-faksie. Dit kom regtig soos manna uit die hemel.
Nuuskommentaar: Burgeroorlog en persepsies oor grondhervorming, kolonialisme en ander
Intussen laai spanning in die gronddebat op en dit lyk nie of daar pleistertjies in die omtrek is nie. Inteendeel, die woord “burgeroorlog” oor dié kwessie het in die parlement ter sprake gekom en ’n groot storm ontketen.
[Video] ANC kap terug oor Zille se verskoning
“Dit ontmasker weer eens die ware karakter van die DA as ʼn rassistiese party, wat bestaan uit ʼn onveranderde spul rassiste sonder berou wat gelei word deur ʼn opsigter-leier sonder enige werklike mag,” het die ANC gesê.
Die Demokratiese Alliansie se ‘Spur-moment’
Dit gaan ʼn moeilike pad van herstel vir die DA wees. Groot werk lê voor vir die party om die vertroue van sy kieserskorps te behou en nuwe steunbasisse te ontsluit.
Zille sê jammer oor twiet
Maimane het intussen ook sekere aankondigings oor Zille se toekoms in die party gemaak.
Zille en Maimane spreek media saam toe
Dit kom nadat Zille verlede week geskors is.
Só sal Zille se tugverhoor verloop
Die DA se federale regskommissie het gesê die kommissie en Helen Zille, voormalige leier van die DA en Wes-Kaapse premier, het vergader en ooreengekom hoe die dissiplinêre proses teen haar sal verloop.
Nuuskommentaar: Word Knysna en Zille geknyp deur gees van Afrika-liberalisme?
Die beskuldigings oor rassisme weens mense se oop harte en hande vir die slagoffers van die Knysna-ramp kom lê soos ’n klip in die maag. Dit, saam met die hele Zille-kwessie, lê die kloof tussen wit en swart persepsies bloot.
Tekenprent: Helen Zille amptelik geskors
Die federale uitvoerende raad van die Demokratiese Alliansie het Woensdagoggend met ʼn meerderheidstem besluit om Helen Zille van alle partyverwante aktiwiteite te skors totdat haar dissiplinêre verhoor afgehandel is. Hier is Jerm se interpretasie van die voorval.
Helen Zille: ‘Ongelyke behandeling vir swart en wit in DA’
Zille kap ook na Mmusi Maimane, leier van die DA, in haar redes.
Nuuskommentaar: Die raspot word steeds gestook met Zille-skorsing ’n onwillige manifestasie
Die Zille-storm gaan egter deeglik gevoel word, en dit gaan harde werk en heelwat kompromieë verg om te keer dat dié soort insidente in die DA herhalend word.
Helen Zille amptelik geskors
Die federale uitvoerende raad van die Demokratiese Alliansie het Woensdagoggend met ʼn meerderheidstem besluit om Helen Zille van alle partyverwante aktiwiteite te skors totdat haar dissiplinêre verhoor afgehandel is.
DA en demokrasie kry taai klap met Zille-saak
Natuurlik wil die DA ’n deurbraak na die swart kiesers maak, en Zille se kolonialisme-twiets was nie verstandig nie. Maar deur haar só kompromisloos uit te dryf trek die party ook die prop uit die bad, want hy beledig ’n groot deel van sy ou ondersteunerskorps.
Nuuskommentaar: Van Zille tot Zuma, dit woel in Gupta-Afrika
Moet die lewensvatbaarheid van ’n land op die spel geplaas word deur spoke van die verlede op te roep om leiersposisies te konsolideer? Met die oproep van hierdie spoke, soos kolonialisme en slawerny, kan huidige kwessies maklik so skeefgetrek word dat minder ernstige kontemporêre skeeftrappe so uit verband geruk word dat dit ’n sluier trek oor die werklike groot vergrype.
Sanco: ‘Zille moet afgedank word’
“Ons is glad nie beïndruk met Zille se skorsing nie, want die DA se dissiplinêre prosesse is net toesmeerdery.”