Eenheid van wil. Eenheid van krag. Só gaan ons saam en suksesvol vorentoe, sê Hannes Noëth van Helpende Hand.
Alles vir die sleutelwoord "Helpende Hand"
Solidariteit oortref doelwitte vir 2020
Hier is die suksesse wat die Solidariteit Beweging behaal het sedert die eerste Toekomsberaad in 2015.
‘FroueVonds’: Daar is niks wat vroue nie kan bereik nie
Ons het Supervrou-kragte en gawes gekry en dit is ons verantwoordelikheid om daardie kragte en gawes wat diep binne-in ons gesetel is, te ontgin en uit te leef. Dis hoekom God ons as vrou geskape het.
Solidariteit-afvaardiging by verkiesing in Oostenryk
ʼn Afvaardiging van die Solidariteit Beweging het Sondagaand op uitnodiging van Oostenrykse politici die oorwinningstoespraak van Sebastian Kurz, die leier van die Oostenrykse Volksparty, in Wene bygewoon.
‘FroueVonds’: Tokkel jou hartsnaar, laat die brein rus
’n Té besige brein maak die hart stil. ’n Té vol brein maak dat ons nie hoor wat ons hart ons wil vertel omtrent ons verhoudings, gesondheid, sake by die werk, en baie meer nie.
Groen vingers laat ’n erfenis
Gemeenskapstuine is een van die maniere wat Suid-Afrikaners voedselsekerheid kan vestig.
Video: Sangeres wil erfenis nalaat met liefdadigheidsinisiatief
“Die hemel voel by tye vir ons baie vêr, maar gewone mense kan soms ’n engel wees en ’n lig laat skyn in ’n donker situasie.”
‘FroueVonds’: Wees die verskil wat jy wil maak
Vir my beteken vrouwees ’n oop hart, ’n oop hand en ’n oop huis, met die diepe besef dat elke dag ’n geskenk van God is.
‘FroueVonds’: Verbreek die kettings van stereotipes
Ons leef nie in ’n volmaakte wêreld nie, en juis daarom moet ons wat as kinders die voorreg van geborgenheid gehad het en die genade van ’n volhoubare bestaan ken, verseker dat daar aan kinders wat sonder keuse in slegte omstandighede beland, ’n realistiese kans gebied word om daaruit te ontsnap.
‘FroueVonds’: Laurika Rauch vertel van vrouwees
Elke keer as ek vir ’n uur of wat tee gedrink het saam met een van my vriendinne, is ek ’n gelukkiger, meer afgeronde mens. Elke keer as ons op dié manier ons vriendskapsbande versterk het, voel ek dat ek die wêreld kan oorwin, skryf Laurika Rauch.
Almal wen met Helpende Hand se ‘Ons Winkels’
Daarom is die oopmaak van ons vyftigste winkel in dié dorp nie sommerso nie. Dit is ’n geloofstree, ’n genade-oomblik, ’n nederige prestasie. Hiervandaan gaan ons slegs vorentoe, want die nood is groot en die behoeftes baie.
Ekstra kaartjies vir Afrikaans is Groot nou beskikbaar
Bykomende kaartjies vir die immergewilde Afrikaans is Groot-megakonsert is van vandag op Computicket beskikbaar gestel aangesien alle kaartjies vir die konserte later vanjaar in Pretoria reeds uitverkoop is.
AIG kondig aan: Hiér is jou laaste kans om kaartjies te kry
Die organiseerders van Afrikaans is Groot het Dinsdag aangekondig dat hulle ʼn plan beraam het vir die publiek om ʼn laaste kans te kry om kaartjies vir vanjaar se konsertreeks te kry.
Baanbrekerinisiatief wil meisies, vroue bemagtig
“Die fonds fokus daarop om hierdie vroue te bemagtig en te ondersteun met die nodige opleiding, kennis en produkte wat hulle mag benodig om verligting te bring in hul lewens, asook om vir hulle ’n pad te skep om uit armoede en ander situasies uit weg te breek.”
Boere maak harte oop in stryd teen armoede
“Die opbrengste wat hier gemaak is, is dubbel soveel as wat tydens verlede jaar se veiling gemaak is.”
Foto’s: Fliekaand in pajamas; ‘Dis ʼn fees om vrou te wees’
“Om te kan help met Helpende Hand se StopHonger-projek beteken soveel meer as net om te fliek in jou pajamas.”
Vroue wil wêreldrekord in pajamas laat spat
Nagenoeg 2 000 vroue van regoor die land word benodig om binnekort ’n wêreldrekord te laat spat vir die meeste vroue wat gelyktydig in hul nagklere gaan fliek. Jy kan deel wees van dié geleentheid!
Is daar ’n Dag Zero vir SA se universiteite?
Die toekoms van universiteite lê, myns insiens, ten beste in privaat en gemeenskapshande wat natuurlik gepaardgaan met gesonde korporatiewe bestuur, wêreldklasstandaarde en, natuurlik, sterk skenkingsfondse.
Demi Lee se wenrok kan joune wees!
Volgens Moore het sy die twee rokke gedra op groot gebeurtenisse in haar lewe – op tye toe haar drome waar geword het. Nou wil sy ander meisies se drome ook daardeur waar maak.
Stukkende meisie maak nou ander heel
In my standaardantwoord probeer ek aan haar mooi verduidelik sy moet die Studiefondssentrum (SFS) se aanlynproses volg, sekere dokumente aanheg en binne die voorgeskrewe sperdatums aansoek doen. Sy stuur vir my haar aansoek net die volgende dag, met die volgende motiveringskrywe ingesluit: