HelpJag se drie ambassadeurs, Bakkies Botha, Adam Tas en Appel, is van die bekendes wat Woensdag 24 November by die Woodhill-gholflandgoed in Pretoria gaan afslaan om geld vir HelpJag in te samel.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "#HelpJag"
Nostalgie op die jagveld
Dit was die eerste keer dat al drie HelpJag-ambassadeurs – oud-Springbok-legende Bakkies Botha, asook Adam Tas en Appel, beide Suid-Afrikaanse sangers – saam op die jagveld was.
Wen groot met HelpJag
Met R100 kan jy nie net help om ʼn behoeftige kleuter kos te gee nie, jy staan ook die kans om lekker pryse te wen wat enige jagliefhebber se hart vinnig sal laat klop.
Pierre Spies en ander kenners praat aanlyn met die manne
Hardloop jou eie wedloop: Pierre Spies en ander kenners praat Donderdag, 8 Julie, aanlyn met die manne in vanjaar se Finesse en Laeveld Agrochem se MansGenoeg!-geselligheid. Bespreek nou jou plek dra so by tot Helpende Hand se HelpJag-projek.
Jag saam vir ’n goeie doel
Bakkies Botha, Adam Tas en Appel nooi jagters uit om weer vir ’n goeie doel te jag en deur #HelpJag te sorg dat behoeftige kinders en gesinne hierdie winter met lekker wildsvleis bederf kan word.