Die arbeidsmakelaar van die Wesselsbron-gebied in die Vrystaat wat tereg staan op aanklagte van onder meer kinderarbeid en mensehandel, het Vrydag weer in die plaaslike landdroshof verskyn.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Hendrik Reyneke"
Leeus toe nie van Vrystaat-plaas verwyder
Vroeëre bewerings deur die Vrystaatse owerhede dat daar op 31 leeus beslag gelê is op dieselfde plaas waar Hendrik Reyneke verlede week op aanklagte van kinderarbeid en mensehandel in hegtenis geneem is, is nie waar nie.
Man vas ná bewerings van kinderarbeid
ʼn Arbeidsmakelaar van die Wesselsbron-gebied in die Vrystaat, wat deur die Valke ondersoek is oor bewerings dat hy minderjarige kinders as werkers op plase in die gebied laat werk het, is Donderdagoggend in hegtenis geneem.
Nog niemand aangekla oor ‘kinderarbeid’ in Vrystaat
“Om so baie minderjarige kinders as arbeiders te vind, is ondenkbaar en word ten sterkste veroordeel. Ons het drie verskillende sake van kinderarbeid teen werkgewers aanhangig gemaak by die SAPD.”
Klagtes van beweerde kinderarbeid teen boer ondersoek
Verskeie ander aantygings is ook teen die boer gemaak, insluitend dat die werkers in haglike omstandighede op sy plaas moet leef, dat hy hulle minder as die minimum loon betaal en dat hulle vrot vleis gegee is om te eet.