ʼn Private roudiens word Donderdag vir Martin van Breda (55), sy vrou Teresa (54), en hul seun Rudi (22) in Pretoria gehou. Die egpaar en hul seun is Dinsdag in hul huis in die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch vermoor.
Alles vir die sleutelwoord "Henri van Breda"
Video: Seun se noodoproep ná Stellenbosch-bylmoorde
Henri van Breda (20) het na die aanval op sy gesin, waarin sy ouers en broer dood is, die nooddienste gebel.
Stellenbosch-aanval: Seun by familie
Henri van Breda, die 20-jarige seun wat Dinsdag die aanval op sy gesin op die luukse De Zalze-gholflandgoed in Stellenbosch oorleef het, gaan tans by familie tuis.
Stellenbosch-aanval: Tiener kritiek, maar stabiel
ʼn 16-jarige meisie wat ʼn aanval op haar gesin in Stellenbosch oorleef het, maar waartydens haar broer en ouers dood is, is kritiek, maar stabiel, het ʼn woordvoerder vir die hospitaal Donderdag gesê.
Niemand nog vas vir Stellenbosch-gesinsmoord
Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn ouerpaar en oudste seun wie se liggame Dinsdagoggend in hul huis in die spog-gholflandgoed De Zalze buite Stellenbosch in die Wes-Kaap aangetref is nie.
Ouers, seun op spog-gholflandgoed vermoor
ʼn Ouerpaar en hul seun is Dinsdagoggend in hul huis in die spog-gholflandgoed De Zalze buite Stellenbosch in die Wes-Kaap vermoor.