Wanneer hulle julle oorgee, moenie julle bekommer oor wat julle ter verdediging moet sê nie, want die regte woord sal op die regte tyd vir julle gegee word. Dit sal nie júlle wees wat die praatwerk doen nie, maar die Gees. (Matteus 10:19-20)
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Henry Blackby en Claude V King"
Gedagte vir die dag: God nooi jou om Hom te volg
Toe Jesus daarvandaan verder gaan, sien Hy ’n man met die naam Matteus by die tolhokkie sit. Hy sê toe vir hom: “Kom! Word my dissipel!” Matteus het opgestaan en Jesus se dissipel geword. (Matteus 9:9)
Gedagte vir die dag: God werk om die Skrif te vervul
Dit alles het gebeur om die Here se boodskap deur die profeet te laat uitkom. (Matteus 1:22)
Gedagte vir die dag: Lewensaanpassings: Voltooi die taak
Dit is wat die Here die Almagtige sê: “Wees sterk! Julle het gehoor wat die profete destyds oor die bou van die tempel van die Here die Almagtige gesê het, die dag dat die fondamente gelê is.” (Sagaria 8:9)
Gedagte vir die dag: Geloofskrisis: Geloof of hoogmoed
Kyk na die hoogmoediges! Hulle vertrou op hulleself en hulle lewe is boos. Die regverdiges, daarenteen, sal deur hulle geloof lewe. (Habakuk 2:4)
Gedagte vir die dag: God praat om sy Geesteskrag te openbaar
Ek is vol van die Geesteskrag van die Here. Regverdigheid en sterkte vul my lewe. Sonder enige vrees sal ek met die mense van Israel praat oor hulle opstand en sondes. (Miga 3:8)
Gedagte vir die dag: God se liefdesverhouding gebaseer op sy goedheid
Die Here is goed. In tye van nood is Hy ’n veilige vesting. Hy ken elke mens wat op Hom vertrou. (Nahum 1:7)
Gedagte vir die dag: God werk om regverdigheid aan die lig te bring
Die Here doen geen onreg nie. Dag vir dag is sy uitsprake regverdig, elke nuwe dag sonder uitsondering. Maar niemand sien dit raak nie, en goddeloses ken geen skaamte nie.(Sefanja 3:5)
Gedagte vir die dag: Gehoorsaam, en beleef God deur berou
Die mense van Nineve het God se boodskap geglo. Almal, van groot tot klein, het besluit om te vas en om rouklere aan te trek. (Jona 3:5)
Gedagte vir die dag: Lewensaanpassings: Om vir die vyand om te gee
God sê vir Jona: “Is dit reg van jou om kwaad te wees omdat die plant dood is?” Jona het geantwoord: “Ja, ek is so kwaad dat ek kan sterf!” (Jona 4:9)
Gedagte vir die dag: Geloofskrisis: Preek of vergaan
Maak jou gereed en gaan na die groot stad Nineve. Dra die oordeelsboodskap wat Ek jou gegee het aan hulle oor. (Jona 3:2)
Gedagte vir die dag: God praat om die skuldige aan die lig te bring
Die matrose sê toe vir mekaar: “Kom ons trek lootjies sodat ons kan vasstel wie hierdie krisis veroorsaak het.” Hulle het dit gedoen en Jona is uitgewys. (Jona 1:7)
Gedagte vir die dag: God nooi jou om te getuig onder die verlorenes
Maak klaar en gaan na die groot stad Nineve toe! Praat ernstig met hulle, want Ek het hulle slegte lewenswyse raakgesien. (Jona 1:2)
Gedagte vir die dag: God se liefdesverhouding – Medelye met mense
Nineve het meer as 120 000 mense wat nie weet wat reg of verkeerd is nie en ook baie diere. Sal Ek dan nie medelye hê oor die groot stad Nineve nie? (Jona 4:11)