Die DA se hofaansoek om Hlaudi Motsoeneng se aanstelling as die SAUK se bedryfshoof ter syde te stel, is nie dringend nie en moet nie toegestaan word nie, voer die SAUK in hofdokumente aan.
Alles vir die sleutelwoord "Hlaudi Motsoeneng"
SAUK verwerp OB se bevindinge oor Motsoeneng
Hlaudi Motsoeneng, die nuutaangestelde bedryfshoof van die SAUK, moet nie gestraf word vir ʼn leuen wat hy 19 jaar gelede vertel het nie, voer die openbare uitsaaier in hofdokumente aan.
OB dagvaar minister oor Motsoeneng
Thuli Madonsela, openbare beskermer, het Faith Muthambi, minister van kommunikasie, gedagvaar om voor haar te verskyn as deel van haar ondersoek na die permanente aanstelling van Hlaudi Motsoeneng as bedryfshoof van die SAUK.
Bonusse van R42 miljoen vir SAUK-werkers
Die SAUK het bonusse van ongeveer R42 miljoen aan sy personeel en middelvlakbestuur uitbetaal, het die Sunday Times berig.
AfriForum lê klag oor Afrikaans op SAUK-TV
Die burgerregte-organisasie AfriForum sê hy sal die verskraling van die SAUK se TV-aanbod in Afrikaans op alle moontlike maniere teenstaan.
‘Zuma nie betrokke by Motsoeneng-aanstelling nie’
Die presidensie sê president Jacob Zuma het geen aandeel in die aanstelling van Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, gehad nie.
OB gaan Motsoeneng-aanstelling ondersoek
Thuli Madonsela, openbare beskermer, gaan ‘n nuwe ondersoek van stapel stuur na Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, nadat hy permanent in sy pos aangestel is.
Motsoeneng gaan minister vra oor lisensies vir joernaliste
Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, gaan ‘n formele voorlegging aan die minister van kommunikasie maak dat joernaliste lisensies moet hê om te praktiseer, berig The New Age.
Nuuskommentaar: SA se Goebels-generaal?
Die permanente aanstelling van Hlaudi Motsoeneng as bedryfshoof van die SAUK is kommerwekkend. Dit eis opnuut groot waaksaamheid van alle rolspelers – politieke partye en burgerlike instellings, om wawyd wakker te loop om te voorkom dat die SAUK ‘n volwaardige ANC-verlengstuk word.
‘OB-verslag hou nie verband met Motsoeneng-aanstelling’
Die SAUK se vereiste om te antwoord op die openbare beskermer se verslag oor Hlaudi Motsoeneng, die toe waarnemende bedryfshoof, hou nie verband met sy permanente aanstelling nie, sê die openbare uitsaaier.
SAUK se Motsoeneng permanent aangestel
Die SAUK se omstrede waarnemende bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng, is permanent aangestel, het die openbare uitsaaier Woensdag berig.
Motsoeneng soek lisensies vir joernaliste
Hlaudi Motsoeneng, waarnemende hoofbedryfsbeampte van die SAUK, het voorgestel dat joernaliste ʼn lisensie moet hê om te praktiseer, soortgelyk aan dokters en prokureurs, het die uitsaaier Donderdag berig.
Ondersoek ingestel ná SAUK-hoof vrou as geskenk ontvang
ʼn Klagte is by die Kommissie vir Geslagsgelykheid ingedien nadat Hlaudi Motsoeneng, die waarnemende bedryfshoof van die SAUK, ‘n vrou as geskenk van tradisionele Venda-stamhoofde gekry het.
SAUK-hoof kry vrou as geskenk
Tradisionele Venda-stamhoofde het vir Hlaudi Motsoeneng, waarnemende bedryfshoof van die SAUK, onder meer ‘n vrou en ‘n bees geskenk gegee, berig die Sowetan.
SAUK-baas tot priester georden
Hlaudi Motsoeneng, die SAUK se waarnemende bedryfshoof, is oor die naweek tot ʼn priester georden, het The New Age Maandag berig.
Koalisie beplan optog oor SAUK-man
ʼn Groep wat homself die “Hlaudi Motsoeneng Koalisie” noem, eis dat die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, moet bedank.