Die man wat saam met die vierjarige Luke Tibbetts gewond is tydens ‘n skietery in Westbury, in die weste van Johannesburg, is Woensdag in hegtenis geneem.
Alles vir die sleutelwoord "hof"
Video: Skikking kom 18 jaar ná slaggat-ongeluk
Annemarie Jacobs is al sedert 1996 in ‘n regsgeding met die Tshwane-metroraad gewikkel, nadat sy deur ‘n slaggat gery het wat oor die breedte van een motorbaan gestrek het.
Aanranding het te doen met ras, sê UV-student
‘n Vyfdejaar-student aan die Universiteit van die Vrystaat het Maandag aan die Bloemfontein-streekhof gesê die gesprek rakende sy beweerde aanranding moet op ras fokus.
Toerbedrog-saak: Verdagte kry borg
Die vrou en sekretaresse van die sogenaamde treintoer-skurk Hendrik Wright, het Maandag in die Pretoria-Noord-landdroshof om borg aansoek gedoen.
Man in hof oor kaalfoto’s van meisies
‘n Man wat geskeide vrouens se jong dogters op sosiale media geteiken het ten einde naakfoto’s van hulle te kry, het Maandag weer in die Rustenburg-landdroshof in Noordwes verskyn.
Klank: Verdagtes in toerbedrog-saak in hof
Die vrou en sekretaresse van die sogenaamde treintoer-skurk Hendrik Wright, doen vandag aansoek om borgtog in die Pretoria-Noord-landdroshof.
Oorwinning vir Transnet-pensioenarisse
Twee pensioenarisse het Donderdag verlof gekry om ‘n R80 miljard-klasaksie teen Transnet en sy pensioenfondse in te stel.
Padwoede-saak: Man wel in hof; naam bekend
Die man wat glo die naweek ʼn motoris gedurende ʼn padwoedevoorval in Fourways, Johannesburg, aangeval het, het Woensdag in die Randburg-landdroshof verskyn.
Arno Carstens weer in hof vir dronkbestuur
Die musikant Arno Carstens het Donderdag in die Kaapstadse landdroshof verskyn op aanklag van dronkbestuur.
Kyalami vandag opgeveil
Die gelikwideerde Kyalami-renbaan kom Donderdag in Hyde Park, Johannesburg onder die hamer.
Ouers in hof ná hulle baba in kar los
Die egpaar wat Saterdag in hegtenis geneem is nadat hulle hul twee maande oue babaseuntjie in ‘n geparkeerde motor by ‘n winkelsentrum gelos het, het Maandag in die Tzaneen-landdroshof verskyn.
Drie in hof na moord op polisieman
Drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n polisiebeampte vermoor het, het in die Ritavi-landdroshof in Limpopo verskyn.
Polisieman, vier ander in hof oor koperdiefstal
‘n Polisiebeampte en vier ander mense het Maandag in die Phalaborwa-landdroshof in Limpopo verskyn op aanklagte wat met koperdiefstal verband hou.
Ma tronk toe na sy baba vermoor
‘n Ma van Durban, KwaZulu-Natal wat haar pasgebore baba verwurg en ‘n waslap in haar keel afgedruk het, is tot tronkstraf gevonnis, berig die Sunday Tribune.
Benoni-paartjie verskyn in hof oor kindermishandeling
ʼn Paartjie van Benoni, wat daarvan verdink word dat hulle hul sewe week oue babaseuntjie mishandel het, het Vrydag in die plaaslike landdroshof verskyn.
Polisiebeampte in hof na hy glo seuns verkrag
‘n Bellville-polisiebeampte wat daarvan beskuldig word dat hy twee 14-jarige seuns verkrag het, sal na verwagting Vrydag in die Blue Downs-landdroshof in Kaapstad verskyn.
‘Kannibaal-moord’: Verdagte pleit selfverdediging
‘n Man wat glo ‘n ander man vermoor en sy hart geëet het, beweer hy het uit selfverdediging opgetree, het die Athlone-landdroshof in Kaapstad Woensdag gehoor.
Ma erken skokkende seksdade met haar kinders
‘n Vrou van Noordwes het Maandag in die Rustenburg-landdroshof erken dat sy onder meer haar seun verkrag het en haar gestremde dogter op ‘n bed vasgedruk het sodat die kind se pa haar kon verkrag.
Lewenslank na hy kleindogter verkrag
‘n Man van KwaZulu-Natal is tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy sy 12-jarige kleindogter verkrag het.
Vrou sit lank na huurmoord op skoonma
‘n Vrou is Woensdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die huurmoord op haar skoonma.