President Jacob Zuma het Woensdag ʼn beroep op hoofregter Mogoeng Mogoeng gedoen om ʼn plaasvervanger vir Pansy Tlakula, die voormalige voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), te begin soek.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "IEC"
OVK-baas stel vandag haar saak
Pansy Tlakula, die voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), moet Vrydag aan die verkiesingshof in Johannesburg verduidelik hoekom sy geskik is om in haar amp te dien.
OVK-baas moet voorberei vir ondersoek
Pansy Tlakula, voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), se regspan het aangedui dat hulle deurnag sal moet werk om betyds die argumente aan die verkiesingshof voor te lê oor Tlakula se bevoegdheid om in haar amp te dien.
Partye nader hof oor OVK-baas se bedanking
Die verkiesingshof het Dinsdag tydens ʼn sitting in die Johannesburgse hooggeregshof gehoor dat die OVK se voorsitter, Pansy Tlakula, nie geskik is om in haar amp te dien nie, en dat sy moet bedank.
Stemmery oorsee: Departement ontken kommunikasieblaps
Die departement van internasionale betrekking het Dinsdag gerugte verwerp dat honderde Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, weens ʼn kommunikasiefout deur die regering nie aan vanjaar se verkiesing sal kan deelneem nie.
AfriForum geakkrediteer as verkiesingswaarnemer
Die burgerregte-organisasie AfriForum het pas bevestiging van die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) ontvang dat die organisasie geakkrediteer is om as verkiesingswaarnemer op te tree tydens die komende algemene verkiesing op 7 Mei.
Nuuskommentaar: Wie is die Grinch wat die verkiesing steel?
Daar is glo by die OVK se omstrede nuwe hoofkantoor ingebreek. Daar is groot ontsteltenis omdat die komende verkiesing se uitslae gesteel is… ‘n Twakstorie, maar met meer erns as wat ‘n mens graag sou wou glo.
OVK-baas ignoreer glo eise dat sy moet bedank
UDM-leier Bantu Holomisa het Pansy Tlakula, die voorsitter van die OVK, daarvan beskuldig dat sy nie op opposisiepartye se versoek, dat sy moet bedank, reageer het nie.
Kabinet versoek kiesers om te registreer
Die kabinet het Donderdag ʼn beroep op alle ongeregistreerde kiesers gedoen om die komende naweek by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) te registreer vir volgende jaar se verkiesing.
Malema se party amptelik geregistreer
Julius Malema se party, die Economic Freedom Fighters (EFF), is Donderdag amptelik as ʼn politieke party by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) geregistreer.
“OB-bevindings sal nie 2014-verkiesing beïnvloed”
Die Openbare Beskermer se verslag wat Maandag bevind het dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se voorsitter, adv. Pansy Tlakula, skuldig is aan onbehoorlike gedrag en wanadministrasie, sal glo nie ʼn invloed op volgende jaar se nasionale en provinsiale verkiessings hê nie.