Die geld is glo gebruik om ʼn huis in Pretoria te koop.
Alles vir die sleutelwoord "iran"
Trump en die tameletjie van Iran
Amerika dreig ook om sanksies teen enige land in te stel wat voortgaan om sake met Iran te doen… en dit sluit Suid-Afrika in, wat groot hoeveelhede olie uit die land van die sjah van ouds invoer.
Die impak van Khashoggi se moord op politiek bekyk
Die internasionale politiek in en rondom die Midde-Ooste is al dekades lank omgekrap. Maar dis pas verder omgewoel deur die moord op ’n Saoediese joernalis, Jamal Khashoggi.
Amerikaanse oorlog teen Iran sal groot fout wees
’n Oorlog met Iran sal moeiliker en duurder as die oorloë in Irak en Afganistan wees. Min Amerikaners sien kans hiervoor. Indien Trump oorlog teen Iran verklaar, kan dit sy presidentskap vernietig en die wêreld in ’n nuwe resessie dompel.
Iran ‘wil nie onderhandel’ oor Amerikaanse sanksies
“Die Amerikaanse sanksies op Iran, wat vandag begin, sal die Iraniërs dwing om te kies tussen gehoor gee aan die VSA se eise óf die risiko te neem dat die regime heeltemal in duie kan stort.”
Het Obama dit maklik gemaak vir Trump?
Die moontlikheid dat oudpres. Barack Obama van die VSA dit bewustelik maklik gemaak het vir sy opvolger, pres. Donald Trump, om die Amerikaanse kernkragooreenkoms met Iran te verbreek, is gister op ʼn politieke wetenskap- kollokwium van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in Pretoria geopper.
Ramaphosa veroordeel VSA-onttrekking aan Iran-ooreenkoms
Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag gesê hy het met kommer kennis geneem van pres. Donald Trump se besluit om die VSA te onttrek aan die gesamentlike omvattende plan van aksie, ook bekend as die Iran-ooreenkoms, wat verband hou met Iran se kernprogram.
Iran verwelkom VSA se onttrekking aan kernooreenkoms
Iran het pres. Donald Trump se besluit om die VSA te onttrek aan ʼn ooreenkoms oor Iran se kernprogram verwelkom en gesê dit was van die begin af duidelik dat die Amerikaners “nie betroubaar is nie”.
Vliegtuig met 72 aan boord stort neer
Die lugredery het aanvanklik Sondag ʼn verklaring uitgereik waarin gesê is al die passasiers aan boord die vliegtuig is dood, maar hy het die verklaring intussen onvoorwaardelik teruggetrek.
Hervorming in Iran moet deur bevolking self gedryf word
Die beste antwoord vir Iran is geleidelike demokratisering en hervorming gedryf deur ’n jong, ambisieuse bevolking. Revolusie wat deur Westerse magte aangemoedig of selfs gedryf word, het die afgelope paar jaar reg oor die Midde-Ooste klaaglik misluk en sal ook in Iran rampspoedig wees.
Iran ontken SA is werwingsgrond vir militante
Die Iranse ambassade in Pretoria ontken ten sterkste dat Tehran, die hoofstad van Iran, Suid-Afrika gebruik as plek om agente te werf vir aanvalle op Israel.
Sterk aardbewing skud Iran
ʼn Aardbewing, met ʼn sterkte van 6 op die momentmagnitudeskaal, het Maandag die westelike deel van Iran, naby die grens met Irak, getref.
Moenie alles glo wat jy oor Iran hoor nie
Dit is sekerlik so dat Iran wesenlike uitdagings met ekstremistiese elemente in sy midde het. Dat heelwat mense in Iran negatief teenoor die Weste en veral ook Israel staan, is sekerlik ook so, maar wat is die rede hiervoor?
Wat op aarde gaan in Saoedi-Arabië aan?
Die jong kroonprins Mohammed bin Salman het reeds in drie maande meer gedoen om die konserwatiewe Saoedi’s se hok dramaties te skud as in meer as 80 jaar wat die Saoediese koningshuis dié olieryke koninkryk beheer.
Vier sterf by olieboor
Vier werknemers is dood nadat ʼn brand op ʼn olieboor in Iran uitgebreek het.
Trump maak fout met aanval op Iran
Trump se bewering dat Iran regoor die wêreld chaos saai is selfs meer verregaande as party van sy ander ongefundeerde opmerkings van die afgelope paar maande.
Trump se Rusland-beleid gekaap
’n Duidelik teësinnige president Donald Trump het verlede week wetgewing onderteken waarvolgens Amerika nuwe sanksies teen Rusland, Iran en Noord-Korea instel.
Twee jaar later en kernooreenkoms met Iran toon sukses
Twee jaar ná die ondertekening van die kernooreenkoms tussen Iran en Westerse lande raak dit moeilik vir die oorloglustiges wat die ooreenkoms as gevaarlik en verkeerd beskryf het om nog enigsins by die suksesvolle implementering daarvan verby te kyk.
Iran nie die groot sondaar in Midde-Ooste
Westerse leiers wat ernstig is oor vrede in die Midde-Ooste en goeie verhouding tussen die Weste en Moslemlande sal eerder gematigdes in Iran moet ondersteun en met meer kritiese oë na Saoedi-Arabië moet kyk.
Iran: “Toutjietrekker” Ali Akbar Rafsandsjani sterf
Sebastiaan Biehl kyk na die loopbaan van Ali Akbar Hasjemi Rafsandsjani een van die langdurigste en mees bedrewe politici van Iran en die Midde-Ooste.