Herman Toerien neem die jongste terreurindeks en Suid-Afrika se terreursyfers onder die loep.
Alles vir die sleutelwoord "IS"
Nóg ‘n IS-onthoofding
Die Wit Huis het bevestig dat ‘n video, wat toon hoe die IS die Amerikaanse hulpdienswerker, Peter Kassig, onthoof word, eg is.
Video: Tienermeisies tuis ná poging om by IS aan te sluit
Drie tienermeisies van Denver in die VSA is weer met hul gesinne herenig na hulle die land uitgeglip het om in Sirië by die IS of verwante radikale groep aan te sluit.
Kobani dalk beveilig teen IS
Dit lyk of die oorwegend Koerdiese stad Kobani, in die noorde van Sirië, selfs sonder die hulp van grondtroepe doeltreffend teen die oprukkende IS kan uithou.
Nuuskommentaar: Grootste volk sonder land en lesse vir SA
’n Groep Koerde is in ’n verbete stryd met die IS gewikkel om die Siriese stad Kobani aan die Turkse grens te verdedig. Herman Toerien neem die situasie onder die loep en bepaal of Suid-Afrika hieruit ‘n paar lesse kan leer.
Minstens 14 Koerde dood in Turkse betogings
Minstens 14 Koerdiese betogers is dood en talle beseer tydens betogings in Turkye teen Turkye se versuim om die Koerde in die Siriese stad Kobani te hulp te snel.
Koerde neem Europa op hol
Groot ontsteltenis heers wêreldwyd nadat die IS se vlag Maandag in ʼn deel van ʼn oorwegend Koerdiese stad in Sirië, gehys is.
Nuuskommentaar: Die IS: Internasionale terreur sal nooit weer dieselfde wees
Verkeerde keuses kan die wêreld vir Suid-Afrika baie, baie moeilik maak, en onder die ergste scenario, ’n teikenland vir internasionale terreur maak.
Lugaanvalle op IS uitgevoer
Die Amerikaanse departement van verdediging het Vrydag bevestig dat sy weermag 10 lugaanvalle in Irak en Sirië uitgevoer het.
IS-onthoofdings: Vierde video vrygestel
Jihadiste wat verbind word aan die Islamitiese Staat (IS), het ʼn video van die onthoofding van ʼn man van Frankryk wat in Algerië ontvoer is, vrygestel.
IS doen oproep op “eensame wolwe” vir terreur in VSA
Die terreurorganisasie, die Islamitiese Staat, het ’n beroep op die internet op mense gedoen om terreurdade in die VSA te pleeg. Volledige instruksies oor hoe om onder meer pypbomme te maak is ook geplaas.
VSA se breë bondgenootskap teen IS kry steun
Pres. Barack Obama het, volgens ’n Rasmussen-peiling wat pas gehou is, die steun van 66% van die Amerikaanse kiesers om lugaanvalle teen die IS na Sirië uit te brei.
Video van derde IS-onthoofding vrygestel
IS-ekstremiste het Saterdag ʼn video vrygestel waarin ʼn Britse hulpdienswerker, David Haines, onthoof word. Dit is die derde soortgelyke onthoofding in die afgelope paar weke. ‘n Video van die onthoofding volg onderaan die berig. WAARSKUWING: Alhoewel die onthoofding nie gewys word nie, is die beeldmateriaal skokkend en nie geskik vir sensitiewe kykers nie.
Nóg ‘n Amerikaanse verslaggewer onthoof
IS-ekstremiste het Dinsdag ʼn video vrygestel waarin ʼn tweede Amerikaanse verslaggewer, Steven Sotloff, onthoof word.
Nuuskommentaar: Is SA nou erger as IS-terroriste?
Suid-Afrika is nou erger as die IS-terroriste self. Dít is die implikasie van die woorde van monseigneur Shlemon Wardoeni, hulpbiskop van Bagdad.
IS het sterk steun in Den Haag – protes kom
‘n Protesoptog word in Transvaal in Den Haag beplan teen die terreur wat die IS in Irak en Sirië saai.
Nuuskommentaar: Terroriste wat die Nobel-vredesprys kry – Wat om met terreur te doen?
Een van die scenario’s oor wat in die Gasa-strook gaan gebeur as Hamas vernietig gaan word, is dat dit deur iets nog meer radikaal vervang sal word.
Nuuskommentaar: “Ere-diplomaat” Zuma versus die IS
Hoe raak die situasie in Sirië en Irak ons? Hou die IS ‘n gevaar vir Suid-Afrika in? Lees Herman Toerien se nuuskommentaar om meer hieroor uit te vind.
Nuuskommentaar: Ek is reg, jy is verkeerd
Om uit te pluis wie vriend, en wie vyand in die wêreld is, of eerder behoort te wees, is so verwarrend soos dit vir ‘n verkleurmannetjie moet wees om hom te probeer kamoefleer wanneer hy oor ‘n boksie Smarties loop.
ISIS roep kalifaat uit
Die radikale Moslemgroep Islamitiese Staat vir Irak en die Levant (ISIS) het, volgens ‘n stemboodskap, op Twitter ‘n kalifaat uitgeroep in die gebiede wat hy beheer.