Die lede is geïdentifiseer as die broers Nufael Akbar en Yunus Mohamad Akbar, asook Mohamad Akbar en Umar Akbar – almal lede van ’n sel van die terreurorganisasie Isis in Durban.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "ISIS"
SA reageer ná VSA name van 4 wat Isis glo help, bekend maak
Die Amerikaanse tesourie het stappe aangekondig teen mense in Suid-Afrika wat glo as finansiële fasiliteerders vir die Islamitiese Staat (Isis) optree.
Moslem-ekstremiste in Mosambiek behaal belangrike oorwinning
ʼn Volskaalse veldslag het tussen die weermag en die Moslemgroep Ahlus Sunnah Wal Jamaah in die omgewing van ʼn Mosambiekse hawestad uitgebreek.
SA gedreig oor invalle in Mosambiek
Die ekstremistiese groep, die Islamitiese Staat (Isis), het ’n openlike waarskuwing tot Suid-Afrika gerig indien hy beoog om betrokke te raak by die verslegtende veiligheidsituasie aan die noordkus van Mosambiek.
Isis-leier dood in klopjag
Amerikaanse magte is al jare lank op Al-Baghdadi, wat as die mees gesoekte terroris in die wêreld bestempel word, se spoor.
Saak teen Isis-simpatiseerders weer uitgestel
Die saak het wêreldwyd opslae gemaak en bespiegelinge aangewakker dat daar meer Isis-simpatiseerders en ideologiese aanhangers in Suid-Afrika is as wat voorheen gedink is.
Was Isis werklik meesterbrein agter Sri Lankaanse bomme?
Al het Isis self aanspreeklikheid vir die Paasfees-bomme in Sri Lanka aanvaar, en al het inligting wat Indiese veiligheidsmagte by ’n verdagte ondersteuner van Isis dit gestaaf, is daar nog geen konkrete bewyse dat die Islamitiese Staat vir die bomaanvalle verantwoordelik was nie.
Isis sê hy is agter mesaanval waarin twee vroue sterf
Dit het intussen aan die lig gekom dat die oorledenes die aanvaller se ma en suster is.
Vermiste Kaapstad-egpaar: ‘Isis-verdagte’ verwerp regshulp
Al vier verdagtes staan tereg op aanklagte van ontvoering, aanranding, roof en moord rakende die raaiselagtige verdwyning van die plantkundiges, Rodney (73) en Rachel Saunders (64).
Hoe die gety teen die Koerde gedraai het
Verlede jaar het dit gelyk asof die Koerde, ʼn minderheidsvolk in Irak, Turkye, Iran en Sirië, op hulle toppunt is maar sake om hulle onafhanklik te kry, het toe egter anders verloop. Sebastiaan verduidelik waar die gety teen hulle gedraai het:
Isis dreig met nog aanvalle ná Jerusalem-besluit
Die Islamitiese Staat (Isis) het gedreig om nog aanvalle in die VSA uit te voer in reaksie op pres. Donald Trump se besluit om Jerusalem as die hoofstad van Israel te erken.
Wie is die 16-jarige Linda Wentzel van Isis?
Die 16-jarige Linda Wentzel is lewend onder die puin en rommel van Mossoel gevind ná ’n geveg om die stad van Isis te bevry.
Gru-foto’s op onderwysdepartement se webwerf skok ná kuberaanval
Die departement van onderwys het Woensdagaand sy amptelike webwerf buite werking gestel nadat grusame foto’s van onthoofde lyke in ʼn kuberaanval op dié webwerf versprei is.
Skerpskutter dood ISIS-rebel oor verste afstand nóg
’n Kanadese skerpskutter het ’n rebel van Isis oor die verste afstand nóg doodgeskiet, en so ’n nuwe wêreldrekord opgestel.
Kan die stryd teen Isis gewen word?
“Sekere oorloë word eerder met die kop en hart as wapens gewen.”
Nóg vas ná aanval by Grande-konsert
Nóg twee mense is in hegtenis geneem in verband met die selfmoordbomaanval tydens die Amerikaanse popster Ariana Grande se konsert Maandagaand in die Manchester Arena in Engeland.
Iran nie die groot sondaar in Midde-Ooste
Westerse leiers wat ernstig is oor vrede in die Midde-Ooste en goeie verhouding tussen die Weste en Moslemlande sal eerder gematigdes in Iran moet ondersteun en met meer kritiese oë na Saoedi-Arabië moet kyk.
Ariana Grande-bloedbad: Sewe nou vas
Die polisie het tot dusver sewe mense op twee kontinente in hegtenis geneem in verband met die aanval tydens die popster Ariana Grande se konsert in die Manchester Arena in Engeland Maandagaand waartydens 22 mense in ʼn selfmoordbomontploffing dood is.
Ariana Grande-bloedbad: Selfmoordbomaanvaller se naam bekend
Die Islamitiese Staat (Isis) het Dinsdag beweer een van sy “soldate” is verantwoordelik vir die dodelike aanval tydens die popster Ariana Grande se konsert in die Manchester Arena in Engeland Maandagaand waartydens 22 mense in ʼn bomontploffing dood is.
Man vas oor Manchester-bomaanval
Een van die slagoffers was agt jaar oud. ’n Groep het intussen ook verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar.