Die Islamitiese Staat het Suid-Afrika reeds gewaarsku dat hy sal terugslaan as Suid-Afrika betrokke raak by die verslegtende situasie in Mosambiek.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Islamitiese staat"
Ses Franse, twee gidse dood in aanval by park
Honderde mense besoek die park jaarliks om na die beroemde kameelperde te gaan kyk.
Leier van Al-Kaïda in Noord-Afrika gedood
Een belangrike stuk nuus wat verdwyn het tussen die opgesweepte emosies van betogings in die Weste asook Covid-19 wat nog steeds alles oorheers, is die dood van Abdelmalek Droukdel, die leier van Al-Kaïda in die Islamitiese Maghreb (AQIM), deur Franse militêre magte in die noorde van Mali.
Erdoğan se verkiesingsoorwinning slegte nuus vir Weste en demokrasie in Turkye
Turkye het Sondag ’n stap weg van demokrasie gegee toe die outoritêre leier, Recep Tayyip Erdoğan tot ’n vyfjaartermyn as president verkies is.
Koste van Irak-oorlog moeilik geregverdig
Saddam Hoesein was ’n diktator wat baie mense in Irak onderdruk het. Dit is egter moeilik om te motiveer hoe die chaos, lewensverlies en koste van die afgelope 15 jaar se gebeure in Irak geregverdig kan word.
Selfbeskikking wanneer dit wêreldmagte pas
Volkere wat na selfbeskikking streef, sal moet besef dat eie belange eerder as goeie beginsels groot wêreldmoondhede se reaksie op hul vryheidstrewe sal bepaal.
Broei hier ’n nuwe vorm van internasionale terreur?
Die Islamitiese Staat en die Taliban verspeel ook geen kanse om hul verderflike saad so te saai nie.
‘Terreur’-arrestasies: Tweeling verskyn in hof
Tweelingbroers, wat die naweek saam met nog twee verdagtes in Johannesburg in hegtenis geneem is op terreurverwante aanklagte, het Maandag in die Johannesburg-landdroshof verskyn.
IS se tweede in bevel sterf in Sirië
Amerikaanse magte het die Islamitiese Staat (IS) se tweede in bevel in Sirië om die lewe gebring, het Amerikaanse media Vrydag berig.
Parys-terreuraanvalle: Islamitiese Staat aanvaar verantwoordelikheid
Volgens berigte op verskeie wêreldwye mediaplatforms het die Islamitiese Staat (IS) in ʼn aanlyn-verklaring verantwoordelikheid aanvaar vir Vrydagaand se terreuraanvalle in Parys in Frankryk. Na berig word het die militantegroep se media-afdeling in ʼn video aanspreeklikheid aanvaar.