Fidji se dissipline het net voor rustyd heel voorspelbaar gevou, Skotland het die agterstand met die besoekers se twee geel kaarte in ʼn rustydvoorsprong omgeskakel, en die uiteinde was ʼn loesing vir Fidji.
Alles vir die sleutelwoord "jaareind"
Dié keer kla Engeland oor beslissing wat All Blacks laat wen
Toe is dit dié keer Engeland wat in die laaste minute gevoel het daar was ʼn omstrede beslissing wat hulle die wedstryd teen Nieu-Seeland met ʼn enkele punt, 15-16, gekos het ‒ net soos hulle verlede Saterdag teen die Springbokke ʼn gelukkige beslissing in hul guns gekry het.
Engeland teen All Blacks die hoofdis van naweek se rugbyfees
Met 12 van die wêreld se voorste 14 spanne wat Saterdag teen mekaar speel, is daar ʼn rugbyfees soos min vir geesdriftiges en plekke op Wêreldrugby se ranglys wat ter sprake is.
Spanne: Engeland teen Nieu-Seeland en Wallis teen Australië
Die vleuel Chris Ashton is ná vier jaar weer vir Engeland se opdrafspan gekies vir Saterdag se wedstryd teen die All Blacks op Twickenham.
Franse kies hul swaargewigte teen Bokke
Die Franse afrigter, Jacques Brunel, het sy grofgeskut uitgehaal om die Springbokke Saterdag in Parys trompop te loop.
Dis Saterdag krag teen krag
Van die ses wedstryde wat Saterdag in Europa tussen die voorste rugbylande gespeel word, is daar net ʼn enkele kragmeting, tussen Ierland en Argentinië, waar die betrokke teenstanders met meer as drie plekke op Wêreldrugby se ranglys verskil.
Iere en Maori’s blink, Wallis en Skotland so-so
Ierland het Italië vermorsel, die Nieu-Seelandse rugbydiepte laat jou net eenvoudig kop skud en Wallis en Skotland het, soos die Springbokke, albei heelwat werk wat voorlê voordat hulle teen Suid-Afrika speel.
Springbokke (weer) beroof, maar neerlaag was hul eie skuld
Daar gaan nog baie lank gestry word en woede en bitterheid wees oor die Australiese skeidsregter, Angus Gardiner.
All Blacks wen ver, maar Japan kruip tóg nader
As jy na Saterdag se telling teen die All Blacks kyk, is Japan as rugbyland steeds aan ‘t verbeter. Maar is dit werklik so?