Die belangrikste bousteen vir enige rugbytoer word in die eerste wedstryd gelê.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "jaareindtoer"
Mostert by Gloucester en nie vir toets oorweeg nie
In hierdie dae van te veel rugby, baie toetse en die kontraktering van spelers wat wen of verloor vir spanne kan beteken, moet afrigters maar hul skouers optrek en die terugslae sover moontlik probeer beperk.
Jaareindtoer: Rassie se skok-Bokke
Nóg drie nuwe spelers in die Springbokspan, steeds ʼn mate van onsekerheid oor die beskikbaarheid oor van die oorsese spelers, die skok-insluiting van die slot van die Westelike Provinsie JD Schickerling en die veteraan-heelagter Gio Aplon, en die weglating van al drie Du Preez-broers, Robert (junior), Jean-Luc en Dan.
Twee SA stutte in Skotland se jaareindgroep
Alan Dell, wat verlede jaar saam met die Britse en Ierse Leeus getoer het maar nie in ʼn toets gespeel het nie, en WP Nel, is twee Suid-Afrikaanse stutte in die Skotse jaareindgroep van 40.
Rhodes, Schonert onder agt nuwelinge in Engelse jaareindgroep
Die Engelse afrigter Eddie Jones het ʼn paar oë laat rek maar onder moeilike omstandighede baie naby aan die span gekies wat die meeste kenners verwag vir die vier jaareindtoetse verwag het.
All Blacks-groep deel van beplanning vir Wêreldbeker-toernooi
Ai, dit is darem maar lekker om 51 spelers, oftewel 44% van die aantal spelers wat op ʼn naweek in die Superrugby-reeks uitdraf, in ʼn groep te kan kies om oorsee te gaan toetsrugby te speel.
Engeland ook uitgedun vir Twickenham-toets
Dit begin al hoe meer lyk of die kragmeting op 3 November tussen die Springbokke en Engeland op Twickenham tussen twee redelik uitgedunde spanne gespeel sal word.
Rassie se balanseertoertjie word voorgesit
Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus se gedagte was uit die staanspoor om die regte spelers te identifiseer en diepte te bou met die oog op aanstaande jaar se Wêreldbeker-toernooi.
Rassie sal nie krap waar dit nie jeuk nie
Die kans is uiters skraal dat die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, aan sy span sal snoei ná hul uitstaanvertonings teen die All Blacks in die Rugbykampioenskappe.
Wie kla met die witbrood onder die arm?
Hoe is dit moontlik dat die Springbokke verlede jaar teen Italië verloor het?
Ai, as die broodkrummels darem genoeg is
Enige toetsoorwinning weg van die huis af is nie te versmaai nie, maar as jy vyfde in die wêreld is en klop die span wat agtste is met net een punt, wys dit dat net van die krake toegesmeer is.
ʼn Taai toer wag op rugbymoeë Bokke
Die Springbokke se jaareindtoer is nie ʼn sommerso-toer nie. Dit sal uithaal kos, want al vier die teenstanders kan op hul goeie dag teen die Bokke wen.
Bokspan: vier nuwes, geen Serfontein nie en ʼn paar vreemde keuses
Allister Coetzee-hulle het Sondag vier nuwelinge gekies in die Springbokgroep van 34 spelers wat vanaf 11 November op die jaareindtoer in vier toetse teen Ierland, Frankryk, Italië en Wallis sal speel, maar Jan Serfontein se naam is nie daar nie.
Iere skok met weglating van Zebo
Die Iere doen alles in hul vermoë om spelers te keer om hul loopbane in ander lande voort te sit, maar hulle het klaarblyklik geen probleem daarmee om met ander lande se afrigters en spelers te ploeg nie.
Wallis sal deur die meule moet gaan
In Wallis was daar nog altyd ʼn voerband na die stutfabriek: die paadjie wat die manne sonder die nekke en blomkoolore, soos Graham Price, Dai Young, Adam Jones, Courtney Meredith en Gethin Jenkins gestap het.
Reinach, De Allende haal Bokgroep van 30
Heyneke Meyer het die Sharks se skumskakel Cobus Reinach vir sy vorm beloon deur hom in te sluit in die groep van 30 spelers vir die Rugbykampioenskap. Daar is sewe oorsese Springbokke in die groep, en Jean de Villiers keer terug as kaptein.