President Jacob Zuma het Mxolisi Nxasana, hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), in kennis gestel dat hy dit oorweeg om hom te skors, het die presidensie Vrydag gesê.
Alles vir die sleutelwoord "Jacob Zuma"
OB oorweeg klag oor Zuma se dogter
Thuli Madonsela, openbare beskermer, se kantoor oorweeg tans ‘n klag oor die aanstelling van president Jacob Zuma se dogter in ‘n hoë pos in die departement van telekommunikasie en posdienste.
Zuma-verbyvlug het meer as R200 000 gekos
ʼn SAL-vliegtuig se verbyvlug tydens pres. Jacob Zuma se inhuldiging by die Uniegebou in Pretoria vanjaar het belastingbetalers meer as R200 000 uit die sak gejaag.
Nuuskommentaar: Het Zuma afgetree?
Dit is maklik om tot die gevolgtrekking te kom dat ‘n voorspelling wat al ‘n paar jaar lank kom, dat die ANC moeg raak vir die verleentheidskeppende Zuma en hom tot ‘n seremoniële staatshoof wil reduseer, en dat Ramaphosa vir alle praktiese doeleindes ‘n uitvoerende eerste minister word, nou baie na aan bewaarheid is.
Meer as ‘n kwart van kabinetslede het sakebelange
Negentien lede van die kabinet, insluitend president Jacob Zuma, het private sakebelange, het City Press Sondag berig.
Departement verdedig hoë pos vir Zuma se dogter
Die departement telekommunikasie en posdienste het die aanstelling van president Jacob Zuma se 25-jarige dogter, Thuthukile Zuma, as personeelhoof van die departement, verdedig.
Gesprekke kom glo oor selfbeskikking vir die “Boere-Afrikanervolk”
Die Boere-Afrikaner Volksraad sê hy sal binnekort gesprekke met die regering hou oor selfbeskikking vir die “Boere-Afrikanervolk”.
Nkandla-ondersoek duur voort
Die presidensie het Dinsdag gesê die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se ondersoek oor die president se privaatwoning by Nkandla duur voort.
Zuma-broerskind stel groot grondeis in
‘n Broerskind van president Jacob Zuma het ʼn groot grondeis ingestel wat meer as 60 plase in die Impendle-gebied in die KwaZulu-Natalse Midlands raak, het The Citizen Maandag berig.
NVG gaan nie Zuma se seun vervolg nie
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het gesê hy gaan, weens onvoldoende bewyse, nie pres. Jacob Zuma se seun ná ʼn noodlottige ongeluk vervolg nie.
Verdere uitstel vir Zuma se reaksie op Nkandla
President Jacob Zuma benodig nog inligting voordat hy op bevindings oor sy Nkandla-huis kan reageer, het sy kantoor Donderdag gesê nadat hy ʼn sperdatum gemis het om aan die parlement verslag te doen.
Nuuskommentaar: Zuma-kabinet skitter in sy afwesigheid
In verhouding met sy bevolking, is die Zuma-kabinet net so groot soos die ganse Amerikaanse Kongres, wat die senaat en Huis van Verteenwoordigers insluit. Dit is nog vroeg, maar dit lyk of hierdie kabinet eerder die wind vang omdat hulle nie die regte dinge doen nie, as om die land se talryke probleme op die regte manier aan te spreek.
Video: Nkandla-skildery laat Sadtu-lede rooi sien
‘n Skildery wat verwys na die omstredenheid oor president Jacob Zuma se Nkandla-woning het ‘n herrie ontketen by ‘n gewilde vakansieoord in die Wes-Kaap.
Zuma ontken regering is korrup
President Jacob Zuma ontken in hofdokumente wat by die konstitusionele hof ingedien is dat daar korrupsie in die regering is, berig die Sunday Independent.
‘Zuma nie betrokke by Motsoeneng-aanstelling nie’
Die presidensie sê president Jacob Zuma het geen aandeel in die aanstelling van Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, gehad nie.
Tuynhuys ontruim oor rook
Tuynhuys, president Jacob Zuma se kantore by die parlement in Kaapstad, moes Maandagoggend vir ‘n kort rukkie ontruim word.
Gemengde reaksie oor heropening van grondeise
Die ANC en EFF het met gemengde gevoelens reageer op president Jacob Zuma se bekragtiging van die Wysigingswetsontwerp op die Herstel van Grondregte en die Wet op Eiendomswaardering.
Grondeise heropen na Zuma wet bekragtig
Pres. Jacob Zuma het Maandag die Wysigingswetsontwerp op die Herstel van Grondregte en die Wet op Eiendomswaardering bekragtig.
SOE gaan Nkandla-sperdatum mis
Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het Vrydag gesê die vrystelling van sy verslag, oor veiligheidsopgraderings aan president Jacob Zuma se private woning in Nkandla in KwaZulu-Natal, gaan vertraag word.
Zuma oorweeg Tlakula se versoek vir spesiale verlof
President Jacob Zuma oorweeg Pansy Tlakula, beleërde voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), se versoek vir spesiale verlof.