Baie Suid-Afrikaners se aandag is nou met kommer gevestig op die platinumgordel eerder as Nkandla en sy baas. Tog kan die twee sake nie los van mekaar gemaak word nie – beide is ewe veel ‘n ekonomiese as politieke kwessie.
Alles vir die sleutelwoord "Jacob Zuma"
Zuma uit die hospitaal ontslaan
President Jacob Zuma is Sondagaand uit die hospitaal ontslaan.
Slegs roetinebesoek vir Zuma
Pres. Jacob Zuma is glo net vir ʼn roetine-ondersoek in die hospitaal opgeneem, het die ANC Sondag bevestig.
Zuma in die hospitaal opgeneem
Die presidensie het bevestig Jacob Zuma is Saterdag in die hospitaal opgeneem.
Blaaskans vir Zuma
Die presidensie het Vrydag gesê president Jacob Zuma sal ʼn paar dae vakansie neem.
Spotprent-twiet: “DA is ʼn spul rassiste”
Die ANC het Dinsdag uitgevaar teen Mike Waters, ʼn DA-LP, nadat hy Maandagaand ʼn “rassistiese” twiet uitgestuur het en het die DA bestempel as ʼn spul rassiste.
Herrie oor spotprent van honde wat been lig teen Zuma-plakkaat
ʼn Herrie het op Twitter losgebreek nadat Mike Waters, ʼn DA-LP, ʼn spotprent geplaas het wat wys hoe honde in ʼn ry staan om teen ʼn plakkaat van president Jacob Zuma te urineer.
Minister onbewus van regsaksie rakende Nkandla-verslag
Michael Masuthu, die nuut aangestelde minister van justisie, is onbewus van enige regsaksie teen die openbare beskermer rakende haar Nkandla-verslag, berig City Press.
ANC ontken dat Sisulu bedank oor Nkandla
Die ANC het gerugte ontken dat Max Sisulu, voormalige speaker in die parlement, bedank het nadat hy glo na ‘n vergadering ontbied is rakende die ondersoek na president Jacob Zuma se Nkandla-woning.
Max Sisulu bedank as ANC-LP
Max Sisulu, voormalige speaker van die parlement, het Donderdag as ANC-parlementslid bedank.
Kan Christene ontsteld wees oor Kurt Darren se wit/swart-stelling?
‘n Mens kan dalk verstaan dat party mense ongelukkig is oor Kurt Darren se opmerking dat ons nie meer in “wit en swart” moet dink nie, maar jy sou dink meeste Christene sou darem saamstem. Lees nou die res van Jaco Strydom se kommentaar hieroor.
Nuuskommentaar: Minister van propaganda
Die regering wil die goeie nuus oor wat hy vermag het laat uitbasuin, en die blapse in die doofpot plaas.
Ministers, hul adjunkte ingehuldig
Hoofregter Mogoeng Mogoeng en sy adjunk Dikgang Moseneke het Maandag die nuwe ministers en hul adjunkte by die presidensiële gastehuis in Pretoria ingehuldig.
Nuuskommentaar: Kabinetskritiek wydlopend
Met 71 ministers en adjunkministers het Suid-Afrika nou ‘n kabinet wat groter is as die parlemente van heelwat lande. Van die algemene verwagting dat president Jacob Zuma die kabinet sou verklein om dit meer koste-doeltreffend en funksioneel doeltreffender te maak, het dadels gekom.
Reaksie op Zuma se kabinet
Helen Zille, leier van die Demokratiese Alliansie, het Sondag gesê pres. Jacob Zuma laat Suid-Afrikaners met min hoop dat die probleme doeltreffend aangespreek gaan word.
Só lyk Zuma se nuwe kabinet
President Jacob Zuma het Sondagaand tydens ʼn perskonferensie sy kabinet bekend gemaak.
Foto’s: Zuma as president ingehuldig
President Jacob Zuma het Saterdag gesê hy voel geëerd om Suid-Afrika vir nog vyf jaar te lei.
“Moenie meer in swart en wit dink nie” – Kurt Darren
Die Afrikaanse sanger Kurt Darren het Saterdag ʼn beroep gedoen op Suid-Afrikaners om saam te werk om die regering te help om vorentoe te beweeg.
Zuma vandag ingesweer as president
Jacob Zuma word Saterdag vir sy tweede termyn as president by die Uniegebou in Pretoria ingehuldig.
Nuwe tendense in Suid-Afrikaanse protesmusiek
Burgert Senekal neem moderne protesmusiek soos “Nkandla Style” en “They tried to make me buy an e-tag” onder die loep.