ʼn Liedjie genaamd Sauce-a-loza, wat die spot dryf met pres. Jacob Zuma is op YouTube gelaai. Loer gou voordat dit dalk ook van YouTube verwyder word!
Alles vir die sleutelwoord "Jacob Zuma"
Zuma vermy Marikana weens geweld
President Jacob Zuma het Dinsdag ʼn beplande besoek aan Wonderkop naby Marikana in Noordwes gekanselleer weens geweld in die gebied.
Nkandla-komitee ontbind
Die parlementêre ad hoc-komitee wat president Jacob Zuma se antwoord op die openbare beskermer (OB) se Nkandla-verslag moes ondersoek, is ontbind.
EFF dien klag by gelykheidshof in teen Zuma en Zille
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Vrydag ʼn klag teen Helen Zille, leier van die DA, en president Jacob Zuma by die gelykheidshof ingedien. Die party eis lewenslange tronkstraf vir die beskuldigdes.
Nkandla-komitee vergader vir die eerste keer
Opposisiepartye het Donderdag versoek dat pres. Jacob Zuma en die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, voor die ad hoc-komitee moet verskyn wat Zuma se reaksie op haar Nkandla-verslag moet oorweeg.
Zuma bedank Afrikaner-gemeenskap
President Jacob Zuma het die Afrikaner-gemeenskap bedank omdat hulle glo in ʼn demokratiese en gelyke Suid-Afrika.
Zuma praat oor uitjouery
President Jacob Zuma het mense wat hom uitjou, beskryf as “leë blikke wat die meeste lawaai maak”, het The New Age Woensdag berig.
Video: Digter jou Zuma uit
Die Suid-Afrikaanse digter AE Ballakisten het op die Zuma-geraaswa geklim en ʼn gedig waarin hy die president herhaaldelik uitjou, geskryf, op video voorgedra en op YouTube gelaai.
‘Zuma se nalatenskap bepaal deur Nkandla’
President Jacob Zuma se nalatenskap is afhanklik van hoe hy die kwessie rakende die opgraderings aan sy privaatwoning in Nkandla hanteer, het die aartsbiskop van Kaapstad, Thabo Makgoba, gesê.
Zuma glo luidkeels uitgejou
President Jacob Zuma is glo Woensdag luidkeels uitgejou in Malamulele in Limpopo, berig City Press.
Jonges keer rug op Zuma maar party staan sterk, sê ANC
Jong mense se steun vir pres. Jacob Zuma het tot die laagste vlakke wat nog gemeet is gedaal, aldus die peilingsagentskap, Pondering Panda.
Nuuskommentaar: Is Ronnie ANC se Kasrils se deksel
Terwyl die staat appèl aanteken teen twee uitsprake van die Arbeidshof in Kaapstad wat bevind het die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) diskrimineer spesifiek teen bruin mense in die Wes-Kaap met sy aandrang op nasionale “kwotas” kry die DA ‘n prokureursbrief van die ANC om ‘n pamflet wat juis hierop gebaseer is as “leuens” te onttrek.
Zuma vier sy verjaarsdag
President Jacob Zuma het Saterdag sy 72ste verjaarsdag in die Wes-Kaap gevier.
Madonsela sê haar Nkandla-verslag is finaal
Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, se kantoor het Vrydag gesê sy gaan nie haar bevindings oor Nkandla met die regering se sekuriteitsgroepering bespreek nie.
Trouklokkies vir Zuma?
ʼn Berig wat glo deur die Namibian Sun gepubliseer is, waarin beweer word dat pres. Jacob Zuma met ʼn vrou uit Namibië gaan trou, doen steeds die ronde op sosiale media.
‘Komitee eerste stap om Zuma te laat vervolg’
Die DA sê die veelparty-parlementêre komitee wat opgestel is om die Nkandla-verslag te ondersoek is die eerste stap in die stryd om president Jacob Zuma te laat vervolg.
Zuma sê diensleweringsbetogings nog oorblyfsels van apartheid
President Jacob Zuma het Dinsdag die hoeveelheid gewelddadige diensleweringsbetogings wat hy die afgelope vyf jaar in sy amp waargeneem het, veroordeel.
Nkandla-stories is “witmense se liegstories”
Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, het berigte oor president Jacob Zuma en sy Nkandla-woning as “witmense se liegstories” beskryf, het die SAUK Woensdag berig.
DA verwelkom parlement se Nkandla-ondersoek
Die DA het Dinsdag Max Sisulu, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), se voorstel verwelkom dat ‘n veelparty-parlementêre komitee die Nkandla-verslag voor die algemene verkiesing op 7 Mei moet ondersoek.
Spesiale komitee gaan Nkandla-verslag ondersoek
Max Sisulu, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), het aangedui dat die parlement die Nkandla-verslag voor die algemene verkiesing op 7 Mei gaan ondersoek.