Die Pretoriase hooggeregshof het Dinsdag uitspraak voorbehou in ʼn paroolaansoek deur Janusz Walus, wat skuldig bevind is op aanklag van moord op Chris Hani.
Alles vir die sleutelwoord "Janusz Walus"
Chris Hani-moord: ‘Walus het geen berou’
“Dit kan op geen manier as volle berou gesien word nie aangesien hy voortgaan om sy moord van die Kommunis te regverdig.”
Minister sê oor Janusz Walus-parool
Die appèlhof het vroeër die saak na minister Michael Masutha terugverwys en gesê hy het 90 dae tyd om te besluit of Walus vrygelaat moet word of nie.
Appèlhof sê oor Janusz Walus-parool
Walus het al 24 jaar tronkstraf uitgedien.
Verlof tot appèl toegestaan in Walus-saak
Die hoogste hof van appèl het die ministerie van justisie se aansoek om verlof tot appèl teen Janusz Walus se vrylating op parool, goedgekeur.
Uitspraak gelewer in Walus se paroolaansoek
Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag uitspraak gelewer rakende Janusz Walus, die moordenaar van SAKP-leier Chris Hani, se aansoek om op parool vrygelaat te word terwyl die saak by die appèlhof hangend is.
Janusz Walus-paroolaansoek aangehoor
Janusz Walus, die man wat die SAKP-leier Chris Hani vermoor het, se aansoek om op parool vrygelaat te word, is Woensdag in die hooggereghof in Pretoria aangehoor.
Walus nie nou vrygelaat
Janusz Walus, die moordenaar van SAKP-leier Chris Hani, gaan nie nou op parool vrygelaat word nie, al het die hooggeregshof in Pretoria Donderdag die minister van justisie en korrektiewe dienste se aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys.
Uitspraak gelewer oor appèl teen Walus-parool
Die Noord-Gautengse hooggeregshof het Donderdag uitspraak gelewer rakende die minister van justisie en korrektiewe dienste se aansoek om verlof tot appèl teen Janusz Walus se vrylating. Walus is die moordenaar van die SAKP-leier Chris Hani.
Uitspraak dán gelewer oor appèl teen Walus-parool
Die Noord-Gautengse hooggeregshof het Dinsdag die minister van justisie en korrektiewe dienste se aansoek om verlof tot appèl teen Janusz Walus se vrylating aangehoor. Walus is die moordenaar van die SAKP-leier Chris Hani.
Honderde betoog by tronk oor Walus se vrylating
Lede van die polisie se openbare-orde-eenheid moes Vrydag die ingang na die Kgosi Mampuru II-gevangenis afsper toe honderde betogers by die tronk opgedaag het en geëis het dat die besluit om Janusz Walus, Chris Hani se moordenaar, op parool vry te laat, omgekeer word.
Appèl teen vrylating van Chris Hani-moordenaar ingedien
Die minister van justisie het Woensdag ʼn aansoek om appèl teen die vrylating van Chris Hani se moordenaar, Janusz Walus, ingedien.
ANC versoek vrylating van politieke gevangenes
Fikile Mbalula, minister van sport en ontspanning, het versoek dat alle politieke gevangenes vrygelaat word.
ANC hou optog teen Walus se vrylating
Die ANC het gesê Walus se verwagte vrylating is ʼn bespotting van geregtigheid en ʼn tragedie vir die Hani-familie en alle Suid-Afrikaners wat glo in menseregte.
Walus is ʼn SA burger, sê departement
Die departement van binnelandse sake het Vrydag in ʼn verklaring bevestig Janusz Walus, die man wat Chris Hani 23 jaar gelede doodgeskiet het, is ʼn genaturaliseerde burger.
Glo geen Derby-Lewis-aansoek ontvang
Die departement van korrektiewe dienste het Donderdag ontken dat Clive Derby-Lewis se vrou of prokureur ʼn aansoek om mediese parool ingedien het.
Hof las dat Derby-Lewis na hospitaal oorgeplaas word
Die hooggeregshof in Pretoria het beveel dat Clive Derby-Lewis na ʼn hospitaal oorgeplaas word vir mediese behandeling nadat hy in die tronk aangeval is, berig die Saturday Star.
Derby-Lewis en Walus sterk in hospitaal aan
Clive Derby-Lewis (78) en Janusz Walus, wat Woensdag in die Pretoria Sentraal-gevangenis met ʼn skerpgemaakte kombuislepel aangeval is, sterk in die Pretoria Akademiese hospitaal aan.
DKD bevestig aanval op Derby-Lewis en Walus
Die departement van korrektiewe dienste het Woensdag bevestig dat Clive Derby-Lewis (78) en Janusz Walus in die gevangenis aangeval is.
Clive Derby-Lewis en Janusz Walus glo in tronk aangeval
Clive Derby-Lewis (78) en die sluipmoordenaar Janusz Walus, is glo Woensdagmiddag in die Pretoria Sentraal-gevangenis deur ander gevangenes aangeval en glo met skerp voorwerpe gesteek.