Meer as ʼn kwart van Japan se bevolking is ouer as 65, volgens nuusberigte wat Maandag vrygestel is.
Alles vir die sleutelwoord "Japan"
Minstens 27 dood in Japannese aardverskuiwings
Minstens 27 mense is dood en verskeie word nog vermis nadat hewige reën aardverskuiwings in die omgewing van Hiroshima in Japan tot gevolg gehad.
All Blacks mik na wêreldrekord
Niemand kan stry dat die All Blacks, geoordeel op hul vertonings die afgelope twee of drie jaar, die wêreld se nommereenspan is nie. Hulle is ook die Wêreldkampioene en behoort teen Saterdag ook die rekord vir die meeste agtereenvolgende toetsoorwinnings agter hulle naam te kan skryf.
Ma, drie kinders val na hul dood
Die polisie in Japan ondersoek ‘n moontlike selfmoord nadat ‘n ma en haar drie klein kinders na hul dood geval het uit ‘n woonstelgebou.
Duurste veselperskes verkoop
ʼn Paar veselperskes, uit die suide van Japan, is Donderdag vir 300 000 yen (R30 600) verkoop, het Kyodo News berig.
Japan dreig om Noord-Koreaanse missiele neer te skiet
Itsunori Onodera, Japan se minister van verdediging, het opdrag gegee dat enige Noord-Koreaanse middelafstandmissiel wat lyk of dit op Japanse grondgebied kan afkom, neergeskiet moet word.
Japan vasgevat oor walvisjag
Die internasionale strafhof in Den Haag het bevind dat Japan veel meer walvisse vang as wat vir wetenskaplike navorsing benodig word, en is daarom onwettig.
Japan stuur duisende om Filippyne te gaan help
Nagenoeg 1 200 soldate en drie oorlogskepe, tien vliegtuie en ses helikopters vertrek volgende week na die Filippyne om met noodverleningswerk te help ná ‘n dodelike tifoon die land getref het.
Man met “suur druiwe” gooi suur in haar skoene
’n Man van Japan wat verlede jaar dodelike waterstofsuur in ’n kollega se skoene gegooi het nadat sy vlerkslepery met haar misluk het, is gister ’n vonnis van sewe jaar opgelê.
Passasiers se heldedaad om vrou te bevry
Passasiers het ʼn 32-ton treinwa van ʼn platform in Japan weggestoot om ʼn vrou, wat in die 20cm-gaping tussen die trein en platform beland het, te bevry.
Sewe absurde, maar handige produkte
Japan het al met talle vreemde uitvindsels vorendag gekom, maar partykeer is dié vreemde voorwerpe tog handig.
Japan beloof miljarde vir Afrika
Japan het $32 miljard in finansiële bystand oor die volgende vyf jaar aan Afrika belowe, het die Afrika-unie (AU) Saterdag gesê.
R500 000 se drank op pa se kaart
‘n Man wie se tienerseun meer as $54 000 op sy kredietkaart op alkohol spandeer het, hoef glo die meeste daarvan nie terug te betaal nie.
Sterk aardbewing skud Japan
‘n Aardbewing van 6.1 op die momentmagnitudeskaal het Saterdag naby die kus van Japan voorgekom.
Geen bevestiging oor SA’ners in Japan-aardbewing
Daar is nog geen berigte ontvang van Suid-Afrikaners wat moontlik beseer is in die 6.3 magnitude aardbewing wat Japan Saterdagoggend getref het nie.
“Jy kan nie sing nie” toe dreig hy met ‘n bom
‘n 70-jarige man van Japan was só ontsteld dat ‘n televisie-talentprogram hom verwerp het, dat hy glo gedreig het om die program se uitsaaier op te blaas.
Voormalige All Blacks-rugbyspeler vas oor “selfverdediging”-mes
Jerry Collins, voormalige All Blacks-flank, is in Japan in hegtenis geneem nadat hy onwettig ‘n kombuismes in ‘n afdelingswinkel by hom gehad het.
Nóg ‘n vroeë blomseisoen in Japan
Die weeragentskap in Japan het Saterdag die amptelike begin van die kersieblomseisoen in Tokyo aangekondig.