Die regter het in haar uitspraak teksboodskappe voorgelees wat Jason Rohde die aand voor Susan se dood aan sy minnares gestuur het.
Alles vir die sleutelwoord "Jason Rohde"
Uitspraak vandag in Rohde-moordsaak verwag
“Ek stel dit dat ʼn behoorlike analise die beskuldigde se weergawe van gebeure ondersteun en dat alle objektief bepaalde feite en getuienis wat tydens hierdie verhoor aangehoor is daarmee ooreenstem.”
Verdediging lewer slotbetoë in Rohde-moordsaak
Die hooggeregshof in Kaapstad het Woensdag gehoor die getuienis van ʼn staatspatoloog en verslae van misdaadtoneelkenners wat aangehoor is tydens die verhoor oor die dood van Susan Rohde in ʼn hotel op die Spier-landgoed in Stellenbosch, was teenstrydig.
Oudkollega getuig in Jason Rohde-saak
ʼn Voormalige kollega van die moordbeskuldigde Jason Rohde, wat ook die maatskappy se jaarlikse konferensie by die Spier-wynlandgoed in Julie 2016 bygewoon het, het Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig.
Jason Rohde: Verdediging hou vol dit was selfmoord
ʼn Forensiese patoloog het Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig dat die vrou van die moordbeskuldigde Jason Rohde haarself agter die badkamerdeur van die Spier Wynlandgoed-hotel naby Stellenbosch gehang het.
Jason Rohde-verhoor: ‘Dit was ʼn hangdood’
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Maandag gehoor wat ʼn forensiese patoloog meen die oorsaak van Susan Rohde se dood is.
Jason Rohde-saak: Psigiater se getuienis kortgeknip
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Dinsdag verdere getuienis van ʼn forensiese psigiater wat vir die verdediging in die moordsaak teen Jason Rohde getuig het, verwerp.
Psigiater getuig Susan Rohde se risiko vir selfdood was ‘genoeg’
ʼn Forensiese psigiater het Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig dat Susan Rohde aan erge depressie gely het wat die risiko vir selfdood aansienlik verhoog het.
Patoloog hou vol Susan het gehang
“Ek kan nie insien dat dit ʼn objektiewe waarneming is dat die persoon versmoor is nie.”
Jason Rohde-saak: ‘Staat se bevindings is foutief’, sê verdediging
Reggie Perumal, forensiese deskundige wat deur Jason Rohde aangestel is, het getuig dat heelwat van die staat se bevindings ná hul outopsie foutief was en het ook beweer daar is foute begaan met die berekenings op die misdaadtoneel om die tyd van dood te bepaal.
Jason Rohde-saak: ‘Susan is versmoor,’ sê staat
“Dit is nie waar nie! Dit is nie waar nie, advokaat. Ek is nie ʼn moordenaar nie.”
Rohde betwis nutsman se getuienis
“Ek herhaal dat om ’n egbreker te wees mens nie ’n moordenaar [maak ] nie.”
Jason Rohde: ‘My vrou was woedend oor minnares’
Jason Rohde en sy vrou, Susan, het ʼn fisieke onderonsie gehad nadat sy verneem het dat hy steeds in ʼn buite-egtelike verhouding met een van sy kollegas betrokke was.
Jason Rohde jok uit skaamte oor bakleiery met sy vrou
Jason Rohde, wat in die Wes-Kaapse hooggeregshof tereg staan op aanklag van die moord op sy vrou Susan, is Donderdag deur die Staat daarvan beskuldig dat hy ʼn leuenaar is.
[Video] Wou Susan Rohde haar eie lewe neem?
Dit het in die hof aan die lig gekom dat Susan tussen Februarie 2016 een haar afsterwe op 24 Julie 2016, Jason altesaam 1 703 keer gebel het en sy het 2 029 WhatsApp-boodskappe vir hom gestuur.
Wynlandgoed-moord: ‘Sy was porseleinwit en koud’
“Terwyl ek druk op haar bors toegepas het, het haar neus begin bloei en ek het gedink daar is dalk hoop aangesien ek gedink het haar hart het dalk weer begin pomp.”
[Foto’s] Wynlandgoed-moord: Ondersoek ter plaatse by Spier gehou
Rodhe het in ’n beëdigde verklaring wat aan die hof voorgehou is erken dat hy ‘n buite-egtelike verhouding gehad het en dat hy en sy vrou die aand van haar dood baklei het.
Wynlandgoed-moord: Só het dit gebeur, sê staat
ʼn Ter plaatse ondersoek sal Maandag op die Spier-wynlandgoed plaasvind.
Wynlandgoed-moord: Voorverhoor begin
Die Wes-Kaapse hooggeregshof sal Vrydag na verwagting die voorverhoorverrigtinge aanhoor in die moordsaak teen die eiendomsbaas Jason Rohde.
Wynlandgoed-moordsaak: Rohde weer terug in hof
Jason Rohde, voormalige Suid-Afrikaanse hoof van die eiendomsgroep Lew Geffen Sotheby’s International Realty, sal na verwagting Vrydag weer in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn vir ʼn voorverhoorkonferensie.