Die DA sê Suid-Afrikaners is steeds onseker oor wat presies vervat word in die sogenaamde Exploration and Production Sharing Agreement met Suid-Soedan.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Jeff Radebe"
Jeff Radebe praat oor 25 jaar as minister
Radebe het die afgelope 25 jaar niks minder nie as sewe keer in ʼn kabinet gedien.
Radebe: ‘Geen geheime’ oor Suid-Soedan-olieonderhandelings
Jeff Radebe, minister van energie, het Donderdag gesê daar is geen geheimhouding oor onderhandelings tussen Suid-Afrika en Suid-Soedan rakende die aankoop van olie nie.
Radebe gooi wal oor SA betrokkenheid by Suid-Soedannese raffinadery
Minister van energie Jeff Radebe sê sy planne vir moontlike Suid-Afrikaanse betrokkenheid by ʼn olieonderneming in Suid-Soedan is gemik daarop om toegang tot goedkoper ruolie te verseker en die plaaslike brandstofprys te beteuel.
Necsa-raad afgedank
Die minister van energie, Jeff Radebe, het Vrydag gesê die raad van die Kernenergiekorporasie van Suid-Afrika (Necsa) is afgedank.
Waarnemende NVG-hoof se antwoorde in onderhoud ‘te filosofies’
“U word direkte vrae gevra en is baie filosofies in u verwysing na die Britse hoërhuis…. Hier in Suid-Afrika wil ons weet wat in die NVG gebeur.”
Kernkragplanne nie in nuwe hulpbronneplan vervat nie
Dié plan maak geen voorsiening vir die omstrede planne van voormalige pres. Jacob Zuma se administrasie om ekstra kernkragaanlegte te laat oprig en ʼn bykomende 9,6 GW by die nasionale kragnetwerk te voeg nie.
SA kyk na dié Afrika-lande vir olie
Suid-Afrika ondersoek Algerië, Ekwatoriaal-Guinee en Suid-Soedan as bronne vir ru-olie terwyl die land sy hoogste petrolpryse in die geskiedenis beleef, het die minister van energie Dinsdag gesê.
Boodskap raak maklik verlore by openbare verhore
Min dinge kan jou egter voorberei op die grond- en mynbouhandvesverhore waar ras die onderbou is en debatte en uitlatings geken word aan haatdraende en growwe rassistiese uitsprake. Andersins word daar bloot ʼn string populistiese uitsprake gemaak en “feite” voorgehou wat totaal vals is.
WWF verwelkom ook hernubare energie
Die Wêreldnatuurfonds (WWF) het Donderdag die aankondiging verwelkom dat Jeff Radebe, minister van energie, ʼn kontrak van R56 miljard met onafhanklike kragvoorsieners aangegaan het.
Brandstofpryse: Só lyk stygings
Jeff Radebe, minister van energie, het die styging in brandstofpryse Woensdag bekend gemaak.
Nuuskommentaar: Wie verdien om vereer te word, en wie is ‘trash’?
Verdien ’n leier ’n standbeeld en om in ’n praalgraf begraaf te word bloot omdat hy ’n leier was, of moet ’n leier terwyl hy in die amp dien, ’n goeie en navolgenswaardige voorbeeld stel om vereer te word?
Samewerking sal korrupsie in kiem smoor, sê Radebe
Algehele samewerking is nodig om korrupsie die nekslag toe te dien, het die minister van beplanning, monitering en evaluering, en die voorsitter van die nasionale beplanningskommissie, Jeff Radebe, Sondag gesê.
Misdaadstatistieke nou meer gereeld bekendgemaak
“Kwartaallikse misdaadstatistieke sal verseker dat brandpunte gouer bekend gemaak word waardeur meer effektiewe misdaadsbestryding in werking gestel kan word.”
Radebe: ‘SA sal nie renosterhandel wettig’
Suid-Afrika sal nie die handel in renosterhoring wettig nie, maar voortgaan om sy teenstropingstrategieë by die landsgrense op te skerp, het Jeff Radebe, die minister in die presidensie, Donderdag gesê.
Minister veroordeel universiteitsoproer
Geweld en intimidasie by Suid-Afrikaanse universiteitskampusse is onaanvaarbaar het Jeff Radebe, minister in die presidensie, Donderdag gesê en bygevoeg optrede wat onderrig onderbreek en onredelike eise wat gestel word, is teenproduktief.
Nuuskommentaar: ‘Vertrou regering’ – Jeff
Minister Jeff Radebe is, deels uit ampsplig, bekend daarvoor dat hy Suid-Afrikaners aanmoedig om lojaal te wees teenoor die regering. Hy het pas weer so gemaak. Maar is vertroue nie iets wat verdien moet word nie?
Radebe: ‘Nkandla-opgraderings was nodig’
Jeff Radebe, minister van justisie, sê alle veiligheidsmaatreëls wat deur die veiligheidsgroepering voorgestel en deur die departement van openbare werke geïmplementeer is by president Jacob Zuma se privaatwoning in Nkandla was nodige veiligheidsopgraderings.
‘Stryd teen misdaad verskerp,’ sê minister
Die regering het sy stryd teen ernstige misdade verskerp, het Jeff Radebe, minister van justisie, Woensdag gesê.