Nóg 100 papiervliegtuie volg op 100 Papiervliegtuie – ook uitgegee deur Protea Boekhuis (2012) – en bevat 100 pragtig geïllustreerde uitskeur-bladsye waarmee kinders (en volwassenes!) papiervliegtuie kan vou.
Alles vir die sleutelwoord "jeug"
Boek: Staan jou man
Met geen arms of bene nie, was Nick Vujicic elke boelie se droom. Hy ken daardie gevoel wat jou maag laat pyn, die nagmerries laat kom en iemand laat voel asof daar geen hoop is nie …
Boek: Iewers vlieg daar fairy dust
Elmien droom daarvan om eendag na skool ʼn dokter te word. Dit is die rede waarom sy ʼn gehawende ou dokterstas onder haar bed bêre en in haar vrye tyd in die videowinkel werk. Maar waar sy vandaan kom, is dit ʼn groot droom. Te groot.
Boek: Die aarde – ‘n Ensiklopedie vir kinders
Hierdie ensiklopedie is die allerbeste gids tot ons planeet wat jy kan kry.
Boek: Dinosourusse: Feite en geite
Die boek is humoristies en prettig om jong leser te vermaak, maar sal hulle ook help om allerhande interessante feite oor dinosourusse te verstaan en te onthou.
Boek: Mamma Lucinda
Wat doen jy as jy agterkom jou mamma is nie soos ander mammas nie? As jy sien sy drink bloed in plaas van wyn en dat haar oogtande nogal skerp is? Mamma Lucinda is ’n verhaal oor ’n mamma wat anders is.
Prettige seerowerstorie word interaktiewe storie-app
Hierdie rymende, skreeusnaakse seerowerstorie is ’n opwindende eerste – dit is die eerste oorspronklike Afrikaanse prenteboek wat tot ’n interaktiewe storie-app verwerk is.
Boek: Dit vat guts
‘n Aangrypende, insigryke en eerlike verhaal van ‘n tiener wat worstel met haar pa se kanker en sy uiteindelike dood – terwyl die lewe vir haar en haar gesin moet aangaan. Die boek gaan oor die dood, maar veel meer oor die lewe, drome, verliefraak, engele, en ‘n perd genaamd Harry.
My model: Sprankel en Styl
Ontwerp jou eie sprankelende en stylvolle klereversameling! Hierdie reeks is ‘n wegholsukses.
Die Suurtjies
Gaan staan voor die spieël en bekyk jou gesig. Lek aan ’n suurlemoen. Het daar iets aan jou gesig verander? Vat ’n groot hap van die suurlemoen. Soos wat jou gesig nou lyk, so lyk die broers Harry en Huibert Suur s’n altyd. Die storie is humoristies en propvol avontuur.
Asterix by die Pikte
Asterix by die Pikte is die 35ste boek in die gewilde Asterix-reeks. Hierdie boek verskyn vir die eerste keer van die begin af ook in Afrikaans.
Die Uile in die gimnasium (13)
Die vyf Uile is nou jongmanne. Hul skooldae op Kranskop is verby, maar die avontuurlus leef steeds voort waar dié ouens hulle nou bevind: die leërgimnasium.
Karoo-Kantate
Die verhaal van Jeanne Labuschagne – of Jannie Lappies – wat vir ʼn kort vakansie uit haar kinderhuis in Kaapstad gehaal word deur Stien Terblanche, en geneem word na die klein dorpie waar Stien se oom, ʼn wêreldbekende dirigent en komponis, woon.
‘n Kameel, ‘n sprinkaan en ‘n vrot tamatie
deur Annelie Ferreira Niks cools gebeur ooit op Koedoesdorp nie. Elke dag is dieselfde, die een so vervelig soos die ander. Veral Maandagoggende, aldus Gerrie….
Die Vierletterwoord
deur Nelia Engelbrecht Clarissa Mentz is ʼn gr. 11-leerder aan ʼn dubbelmedium privaatskool wat verskeie uitdagings moet hanteer: sy moet vrede maak met die omstandighede…
Leeus eet nie hondekos nie
deur André Bouchard “Nie ‘n hond nie, ook nie ‘n kat nie! Hondekos stink,” het Karlien se mamma en pappa gesê. Omdat sy ‘n gehoorsame…
Oe la la, Lulu
deur Fanie Viljoen Vergeet van wiskunde en skoolwerk! Lulu wil ‘n modeontwerper word. Nes haar pa en ma. Niks maak haar gelukkiger as om fantastiese…
Wraak
deur Daniëlle Bakhuis Kristie was dolverlief op Henk die eerste oomblik toe sy hom gesien het. Maar intussen het haar oë oopgegaan, baie dankie. Sy…
Trompie omnibus 2
deur Topsy Smith In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-strories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. In Trompie die…
Trompie omnibus 1
deur Topsy Smith In hierdie omnibus, wat die eerste drie boeke van die gewilde Trompie-reeks bevat, ontmoet ons vir Trompie, die elfjarige sproetgesig Grootkaptein van…