“Die dae van ‘koeldrankgeld’ aanvaar, is verby.”
Alles vir die sleutelwoord "jmpd"
Swak verkeersbestuur dra glo by tot stadionrooftogte
Berigte het opgeduik dat toerusting vir padsluitings en omheinings nie betyds op die oggend van die geleentheid opgedaag het nie.
Twee metrobeamptes op een aand vermoor
Die SAPD en JMPD het gesamentlik gereageer en danksy die hulp van twee inwoners ʼn verdagte opgespoor nadat hulle sy wegkruipplek in ʼn oënskynlik gekaapte gebou uitgewys het.
‘Jhb skut taxi’s om wet en orde te handhaaf’
Herman Mashaba, burgemeester van die Johannesburg-metro, sê die stad teiken nie net minibustaxi’s met sy Buya Mthetho-veldtog nie, maar alle voertuie om wet en orde toe te pas.
Taxi’s staak oor boetes, petrolprys
Duisende pendelaars is Maandagoggend gestrand gelaat toe taxibestuurders uit protes teen die skut van hul voertuie en die duur brandstofprys begin staak het.
Dwelms by twee hoërskole gevind
Die metropolisie het gewaarsku dat meer soortgelyke soektogte met die samewerking van die departement van onderwys by ander skole uitgevoer gaan word.
Metropolisievrou voor huis doodgeskiet
“Haar afsterwe is nie tevergeefs en sal nie die moreel van ons polisiemag verswak nie, maar hulle eerder aanmoedig om voort te gaan om ons gemeenskap te dien en te beskerm.”
200 in Jhb vir dronkbestuur vasgetrek
Tot 200 voertuigbestuurders is dié Paasnaweek al op aanklag van dronkbestuur in hegtenis geneem en klopjagte is op agt nagklubs uitgevoer.
Gedenkdiens vir metropolisieman wat aan diens sterf
“ʼn Beloning van R100 000 word uitgeloof vir enige inligting wat tot die suksesvolle inhegtenisneming en vervolging van die verdagtes wat in die skietery betrokke was, kan lei.”
Beloning ná metropolisieman se skietdood
“Die beampte was alleen in daardie stadium en het tussenbeide probeer tree toe ʼn voertuig gekaap is.”
Metropolisieman tydens kaping geskiet
“Die verdagtes het sowat vyf keer op die beampte geskiet en een koeël het hom teen die kant van sy kop getref.”
Hof sê oor borgtog ná bakkie in padblokkade inploeg
“Die beskuldigde se prokureur het in die aansoek aangevoer Albert Pretorius (42) het medikasie gebruik wat kon bydra tot die hoë alkoholvlak in sy sisteem.”
Metropolisie skiet glo joernalis: Verhoor begin dán
“Inteendeel, hulle het die joernalis doodgeskiet en ʼn misdaadtoneel opgestel om hul spore dood te vee.”
Man vra borgtog ná bakkie in padblokkade inploeg
Albert Pretorius (42), die man wat verdink word dat hy onder die invloed van alkohol bestuur en twee Johannesburgse metropolisiebeamptes by ʼn padblokkade doodgery het, het Donderdag om borgtog aansoek gedoen.
Roudiens vir twee beamptes wat doodgery is
ʼn Roudiens is gehou vir die twee metropolisiebeamptes wat Maandagaand in Johannesburg doodgery is toe ʼn voertuig in ʼn padblokkade ingeploeg het.
JMPD-beamptes sterf toe voertuig in padblokkade inploeg
“Die bestuurder van die Hilux is in hegtenis geneem. Daarna is ʼn bloedmonster geneem en hy is na die Sandton-polisiestasie vervoer.”
Metropolisiebeamptes kry borgtog ná joernalis se moord
Die joernalis het vir plaaslike en internasionale mediahuise gewerk, insluitend die SAUK, eNCA, BBC, Al-Jazeera en die New York Times.
JMPD-beamptes vas ná joernalis se moord
“Inteendeel, hulle het die oorledene doodgeskiet en het ʼn misdaadtoneel opgestel om hul spore dood te vee.”
Ma drink rotgif voor sy kinders glo skiet
ʼn Gautengse vrou word in ʼn hospitaal behandel nadat sy rotgif gedrink het voordat sy na bewering haar twee kinders geskiet het.
ANC boos oor nuwe JMPD-hoof
“Ons het al die nodige dokumentasie aan ons regspan gegee om met die proses te begin om hierdie aanstelling ter syde te laat stel.”