Ek pleit by julle in die Naam van ons Here Jesus Christus om eendragtig saam te staan – één in julle oortuigings. Daar mag nie groepvorming onder julle wees nie. Julle moet van harte saamstem in julle denke en in julle visie. (1 Korintiërs 1:10)
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Joanna Teigen"
Gedagte vir die dag: God is aan ons kant
Wag en kyk! Die Here sal in julle plek veg. (Eksodus 14:14)
Gedagte vir die dag: Ons moet mekaar liefhê
Geliefdes, as God ons dan só tot die uiterste toe liefgehad het, moet ons ook mekaar tot die uiterste toe liefhê. Niemand het God nog ooit gesien nie; as ons egter mekaar werklik aanhou liefhê, leef God in ons optrede en het sy liefde in ons optrede ten volle tot verwesenliking gekom. (1 Johannes 4:11-12)
Gedagte vir die dag: Liefde is gelyk aan dade
Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings. (1 Johannes 3:18)
Gedagte vir die dag: Goeie raad is kosbaar
Eerlike raad van ’n vriend is so aangenaam soos parfuum en so heerlik soos wierook. (Spreuke 27:9)
Gedagte vir die dag: Ware seën
Prys God, die Vader van ons Here Jesus Christus, voortdurend, want Hy is wonderlik goed vir ons! Deur wat Christus gedoen het, het Hy ons geseën met elke geestelike seëning wat daar in die hemelsfere is. (Efesiërs 1:3)
Gedagte vir die dag: Tel jou woorde
Moenie lelike goed van mekaar sê nie. As julle lelike dinge van ’n medegelowige sê of ’n medegelowige kritiseer, dan kritiseer julle die wet. En as julle die wet kritiseer, is julle nie daders van die wet nie, maar regters. (Jakobus 4:11)
Gedagte vir die dag: God bewaar ons waar ons gaan
God laat jou voet nie struikel nie; Hy wat waak oor jou, slaap nie. Hy wat oor Israel waak, sal nooit sluimer of slaap nie. Die Here bewaar jou van alle kwaad en Hy beskerm jou lewe. Die Here hou wag oor jou, of jy kom of gaan, nou en vir altyd. (Psalm 121:3-4, 7-8)
Gedagte vir die dag: Die Here vra gehoorsaamheid
Samuel antwoord: “Wat verkies die Here: brandoffers of gehoorsaamheid? Gehoorsaamheid is beter as offers; om te luister is beter as die vet van ramme.” (1 Samuel 15:22)
Gedagte vir die dag: Wortels van geloof
Gelukkig is dié mense wat op die Here vertrou en hulle verwagting in Hom stel. Hulle is soos bome wat langs ’n rivier staan. Hulle wortels reik diep tot by die water. Hitte bedreig hulle nie, en hulle blare bly groen. (Jeremia 17:7-8)
Gedagte vir die dag: Om te bid soos Jesus
Eenmaal was Jesus êrens besig om te bid. Toe Hy klaar was, het een van sy dissipels na Hom gekom en gesê: “Here, leer ons om te bid, net soos Johannes sy dissipels geleer het.” (Lukas 11:1)
Gedagte vir die dag: Opbouende woorde
Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel. (Efesiërs 4:29)
Gedagte vir die dag: Die verlore seun
Hy het teruggegaan na sy pa toe. En toe hy nog ver weg was, het sy pa hom gesien aankom. Oorweldig met liefde en deernis het hy na sy seun toe gehardloop, hom omhels en gesoen. (Lukas 15:20)
Gedagte vir die dag: Wanneer jy twyfel
Toe Petrus die hoë golwe rondom hom sien, het hy paniekerig geword en begin sink. Hy skree toe vir Jesus: “Here, red my!” Jesus het onmiddellik sy hand uitgesteek en hom gegryp. (Matteus 14:30-31)
Gedagte vir die dag: Rusie onder mekaar
Wees bly in die Here, en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee. (Psalm 37:4)
Gedagte vir die dag: ’n Visie van die ewigheid
God het alles mooi gemaak, Hy het aan die mens ’n visie gegee van die ewigheid. Tog kan mense nie die volle omvang van God se werk, van begin tot end, verstaan nie. (Prediker 3:11)
Gedagte vir die dag: Jy kan die Bybel verstaan
Here, wys my die weg wat ek moet gaan, leer my u paaie. Lei my deur u waarheid en leer my, want U, o God, is my redder. Die hele dag wag ek vol hoop op U. (Psalm 25:4-5)
Gedagte vir die dag: Die huis op die rots
Elkeen wat na my woorde luister en daarvolgens handel, is soos ’n verstandige persoon wie se huis op rots gebou is. Maar elkeen wat na my woorde luister en dit nie doen nie, sal wees soos ’n dwaas wie se huis op die sand gebou is. Wanneer daar ’n stortbui val, en die vloedwater afkom, en die stormwinde waai, sal daardie huis heeltemal inmekaarstort. (Matteus 7:24, 26-27)
Gedagte vir die dag: Moenie opgaar nie
“Moenie vir julle hier op aarde skatte bymekaarmaak waar mot en roes dit wegvreet en diewe inbreek en roof nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar waar geen mot en roes dit sal kan bykom nie, en waar diewe nooit sal kan inbreek en roof nie. Onthou, waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.” (Matteus 6:19:21)
Gedagte vir die dag: Om diensbaar te wees
Doen julle werk entoesiasties, asof julle dit vir die Here doen en nie vir mense nie. Julle weet mos dat die Here elke mens wat sy werk goed doen, sal beloon, of dit nou slawe is of vry mense. (Efesiërs 6:7-8)