“’n Kultuur van kriminaliteit” heers na bewering in Portland in die Amerikaanse deelstaat Oregon weens voortdurende onluste in dié stad.
Alles vir die sleutelwoord "Joe Biden"
Amerikaanse reisverbod teen SA op pad
Die VSA het reeds ʼn verbod op reisigers vanaf Ierland, Brasilië, Brittanje en 26 Europese lande geplaas.
Amerika: Woorde wek, maar dade trek
Biden se woorde Woensdag was poëties mooi. Biden se dade sedert sy inhuldiging, gepaardgaande met die aktivistiese eise van ʼn toenemend selfversekerde Demokratiese Party in die Kongres laat egter ernstige vrae ontstaan, skryf Jaco Kleynhans.
Biden: Hart en siel vir eenheid in die VSA
“Vandag is ʼn geskiedkundige dag gevul met hoop. ʼn Dag van demokrasie.”
Biden onder streng sekuriteit ingehuldig
Talle militêre voertuie is op straat ontplooi en die Amerikaanse Kongresgebou en kompleks is gesluit vir die publiek.
D-dag vir Trump al hoe nader
Daar is net agt dae oor voor Donald Trump se termyn as Amerikaanse president verstryk.
Polisieman sterf ná chaos by VSA-kongresgebou
Pres. Donald Trump het intussen die geweld waarmee die opstande by die Kongresgebou gepaardgegaan het, veroordeel.
Biden benoem sy kandidaat vir prokureur-generaal
Regter Merrick Garland is vyf jaar gelede ʼn setel in die hooggeregshof deur die Republikeine geweier.
Biden se oorwinning bevestig ná drama by Kongresgebou
Trump het intussen gesê daar sal ’n “ordelike oorgang” na Biden se presidentskap wees.
Vier dood ná betogers VSA-kongresgebou bestorm
Facebook en Twitter het Trump intussen tydelik van hul platforms geskors.
Foto’s: Kongresgebou in VSA bestorm
Ondersteuners van pres. Donald Trump het Woensdag die Kongresgebou in Washington bestorm.
Die raaisel van Biden se oorwinning
Vir vier jaar het senior demokratiese leiers Trump ‘n onwettige president genoem. Hulle verwag nou van Trump-ondersteuners om die uitslag van ’n gesteelde verkiesing te aanvaar, die strydbyl te begrawe en vorentoe te beweeg, terwyl Biden die eintlike onwettige president is, skryf Rhoda Kadalie.
Internasionale oorsig: Kommer oor Chinese pogings om EU, VN te beïnvloed
Daar is binne verskeie internasionale organisasies toenemend kommer oor die Chinese regering se pogings om deur omkopery, algemene steunwerwing en die bou van netwerke binne instellings die ontwikkeling van beleid en belangrike besluite oor handelsooreenkomste en buitelandse beleid te beïnvloed. Só skryf Jaco Kleynhans in sy jongste oorsig oor internasionale nuus:
Trump: ‘Ek sal my tasse pak as…’
Toe hy gevra is of hy die Withuis sal verlaat as Biden se oorwinning amptelik bevestig is, het Trump gesê: “Ek sal dit beslis doen. Almal weet dit.”
Biden hou hom president
“Wat ek wel vroeg in hierdie land geleer het, is: Wat vir die een geld, geld nie noodwendig vir die ander in die Amerikaanse politiek nie.”
Internasionale oorsig: Linkses stel al hoe meer eise aan Biden, alles nie wel in China
Biden sal dus moet fyntrap indien hy beleidsuksesse wil behaal sonder om een faksie van sy party te vervreem. Tot dusver is dit onduidelik hoe hy dit gaan regkry terwyl die Republikeine waarskynlik die senaat sal beheer en die Demokrate se meerderheid in die huis van verteenwoordigers die kleinste in dekades gaan wees.
Stemme in Georgia oorgetel; Biden wen steeds deelstaat
Biden is die eerste Demokratiese presidentskandidaat wat dié suidelike Amerikaanse deelstaat in byna drie dekades kon verower.
Ramaphosa praat met aangewese pres. Joe Biden
Die president het gesê hy sien uit na ʼn sterk vennootskap tussen die VSA en Afrika.
Talle gelukwensinge vir Biden, Harris
Terwyl Biden met sy oorwinning gelukgewens is, was daar nie veel aanduiding dat Trump die stryd sommerso gewonne gaan gee nie.
Biden het nie gewen, sê Trump
“Ons almal weet hoekom Joe Biden haastig is om homself valslik as die wenner voor te doen, en hoekom sy mediabondgenote so hard probeer om hom te help.”