“Dis niks daai nie, meneer! Die Jirre kyk nie na klere nie! Hy kyk na jou hart!”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Johan Oosthuizen"
ʼn Nuwe Kersfees
Ná meer as 70 Kersfeeste agter die rug, dink ek met nostalgie terug aan kleintyd se vreugdevolle, maar intieme Kersfeesvierings.
ʼn Oupa se droom
“Dit gegaan oor ʼn hegte verbondenheid deur kameraadskap tussen ʼn oupa en sy kleinseuns. ʼn Kosbare belewenis wat in harte gedy.”
Ek is maar net ʼn oupa
“Ek is maar net ʼn oupa wat bly is wanneer die kleingoed laggend waag om hulle eerste waggeltreetjies gee …”
Dié oupa vertel ‘grootste spekskietstories’ vir sy kleinkinders
“My kinders en kleinkinders is absoluut my rykdom. Weens die afstand kan ons nie saamkuier nie, maar hulle boodskappe oor die telefoon is vir my ʼn bron van dankbaarheid.”
Kieries is storievertellers
Kieries kan uiteraard nie vertel nie, maar ʼn kierie kan iemand die storie laat vertel. Eintlik laat kieries die eienaar die vertelwerk doen en dit verskaf genot aan die verteller en die luisteraar.
Oproep tot ’n Christelike lewenswandel
God verwag niks van ons waartoe Hy ons nie in staat kán en wil stel nie.
Opdragte vir hemelvaart tot wederkoms
As ons die aanbevelings en riglyne bepeins, gaan dit deurgaans oor verhoudings en ingesteldheid. Die verhouding tussen my en die Here, die verhouding met my medemens en dan moet ek ook deurgaans my eie binneste inkyk en vasstel wat dáár aan die gang is.
Die mekaar-opdragte
Daadwerklike aandag en gehoorsaamheid en uitvoering van die opdragte in die Woord se “… aan mekaar…”, is die goue hoofweg na ware geluk en vervuldheid, skryf Johan Oosthuizen.
Terug op Aberdeen
“Ons kon nie juis iets sien nie, maar ons het geweet die boere is nog dáár. By die vasbyters, die bittereinders op plase en in die dorp, blaas die vlam hoog. En hulle sal uit die stof van droogte soos Maartlelies bly blom.”
Die Groot Opdrag, nie die Groot Voorstel nie
Dissipels is nodig vir die siele-oes voor die wederkoms. Die oes is groot en die arbeiders is min. Daar is werk om te doen.
ʼn Paasfeesmymering
My kop het teen my ma se skouer gelê en later toe die dominee die boodskap gebring het, het dit gevoel of hy met my ook gepraat het.
Die verhaal van die swart dood in Eyam
Daar móét en sál weer voluit gelééf word nadat die Covid-19-virus sy tol in 2020-2021 in ons dorpe, stede en landelike gebiede geëis het. Ons moet doen wat ons moet doen, skryf Johan Oosthuizen.
Die vrees vir die Here
Die vrees vir die Here is, soos die woordeboek verklaar, ‘n diepe ontsag, eerbied en respek vir wie God is. ‘n Heilige eerbied vir die Heilige God, skryf Johan Oosthuizen.
‘Sjoep’, en toe’s Tjippie weg
Ons moes seker maar stemmig sit en luister het, maar toe kom daai kerklag. Daai lekkerlag wat met die beste wil van die wêreld net nie onderdruk wíl word nie …
Ingegrendelde Vadersdag
Vadersdag, Pádag, Oupadag was vanjaar vir my anders. Ek het begin wens ek kon dit liewer verander het na Kinder- en Kleinkinderdag. Nie ‘n presentedag nie, maar ‘n nabyweesdag, ‘n saamweesdag om te gee wat gegee moet word, skryf Johan Oosthuizen.
Grendelpret en lekker lag
Dis so lekker hier in onse Tehuis waar woonstel- en kamerbewoners ongehinderd oor en weer mag kuier. Ons sit nie op mekaar se skote nie en kom die reëls na. Dis daar waar die grappe uitgeryg word en toeka se dae se stories vertel en óórvertel word. En as onder in die gang gelag word, wil dié wat bo in die gang is weet waarvoor daar so lekker gelag word.
ʼn ‘Nuwe’ nagmaal
Die viering van nagmaal wat deur Jesus self ingestel is kan tog nie oud word nie, maar tog skryf ek oor ‘n “nuwe” nagmaal. Nou die ander dag het die viering van nagmaal tóg vir my ‘n nuutheid laat ervaar.
Kalwerliefde en al die nadraaie
Ek kon reukwater ruik en op ‘n hart, netjies uitgeknip het dit in sierletters gestaan: “Ja, ek hou ok baie van jou!” Terug in die klas het ek vinnig na haar gekyk en sy het bloedrooi gebloos. Dit was kalfieliefde op sy mooiste en kosbaarste!
Gee die onthou vrye teuels
Om die mooi van die verlede in herinnering te roep is soos om op jou uitskopstoel jou lê te kry, jou oë toe te maak dan jou onthou vrye teuels te gee.