Vier mans is in hegtenis geneem nadat hulle hulself glo as Johannesburgse metropolisiebeamptes voorgedoen het.
Alles vir die sleutelwoord "Johannesburg"
Twee geskiet ná gemeenskappe bots
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo twee mense tydens ʼn konfrontasie tussen die Indiër gemeenskap van Lenasia en inwoners van Thembelihle in Johannesburg geskiet het.
Foto’s: Bus ry van brug af in Jhb
ʼn Busbestuurder is beseer nadat ʼn bus Woensdagoggend deur ʼn brug in die Johannesburgse middestad se reling gebars en in die straat onder die brug tot stilstand gekom het.
Seuntjie brand by JHB-kleuterskool
Die Johannesburgse polisie ondersoek ʼn saak van kinderverwaarlosing nadat ʼn 18 maande oue kleuter se voete glo by ʼn kleuterskool in die stad gebrand het.
Gesin sterf in Lenasia-botsing
ʼn Man, vrou en ʼn seun is Maandagoggend in ʼn botsing in Lenasia, Gauteng, dood.
‘Dronkbestuurder’ vas na hy glo uit polisiesel ontsnap
Die Johannesburgse metropolisie het die naweek 261 mense vir dronkbestuur in hegtenis geneem.
Man glo met dwelmmiddels van R1.5 miljoen betrap
ʼn Man is in Springs aan die Oos-Rand in hegtenis geneem nadat hy met die dwelmmiddel “cat” met ʼn straatwaarde van R1.5 miljoen betrap is.
Seuntjie sterf na kliniek glo pa wegwys
Die departement van gesondheid in Gauteng stel ondersoek in na die dood van ʼn vyfjarige seuntjie nadat sy pa glo deur veiligheidspersoneel by ʼn kliniek in Johannesburg weggewys is.
Vyf vas na groot dwelmklopjag
Die Valke het vyf mense in hegtenis geneem en op Mandrax-tablette ter waarde van R25 miljoen beslag gelê in een van die “grootste dwelmklopjagte nog in Gauteng”.
Man verdrink tydens doop
ʼn Man het Sondag tydens ʼn doopseremonie in Buccleuch, Johannesburg verdrink.
Ma, seun sterf in brand
ʼn Ma en haar seun is dood nadat hulle plakkershut vroeg Maandagoggend in Durban Deep in Roodepoort afgebrand het, het die Johannesburgse nooddienste gesê.
Smouse, vensterwassers van JHB-strate verwyder
Die metropolisie het die afgelope week meer as 80 smouse en vensterwassers van Johannesburg se strate verwyder.
Polisieman in hof oor gekaapte motors
ʼn Polisiebeampte wat homself aan die polisie oorgegee het nadat voertuie wat vermoedelik gekaap is by sy huis gevind is, het in die Protea-landdroshof verskyn.
Drama by lughawe oor gidshond
ʼn Siggestremde teoloog het ʼn klag by die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) ingedien nadat ʼn beampte by die OR Tambo Internasionale Lughawe glo nie wou toelaat dat sy gidshond saam met hom vlieg nie, het Beeld Vrydag berig.
Twee vas na hulle glo op metropolisie skiet
Twee mans is Donderdagmiddag in Nasrec naby Soweto in hegtenis geneem nadat hulle glo op die metropolisie losgebrand het.
Man gevonnis vir moord op UJ-professor
ʼn Dwelmverslaafde wat met prof. Carl Mischke se voormalige kêrel saamgespan het om hom te beroof en vermoor, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis, het Beeld Donderdag berig.
Gesin se huis aan die brand gesteek
ʼn Gesin van Lindhaven in Johannesburg is haweloos gelaat nadat die huis, waarin hulle al vir meer as 20 jaar lank bly, aan die brand gesteek is.
13-jarige kritiek ná motorfiets hom tref
ʼn 13-jarige seun is in ʼn kritieke toestand nadat hy Maandagmiddag deur ʼn motorfiets getref is in Johannesburg.
Man vas oor mensehandel
ʼn Man van Malawi is in Johannesburg in hegtenis geneem in verband met mensehandel, het die Valke Vrydag gesê.
Hierdie JHB-voorstede en hospitale die naweek sonder water
Johannesburg Water, die stad se water- en sanitasiediensverskaffer het bevestig dat inwoners van talle woonbuurte 25 uur lank sonder water gaan wees.