Drie mense is Donderdagmiddag dood toe ʼn motor en ʼn minibustaxi mekaar reg van voor in Amalgam, Johannesburg, getref het.
Alles vir die sleutelwoord "Johannesburg"
City Power ontken Eskom-skuld
City Power het Donderdag ontken dat hy Eskom R1.08 miljard skuld.
Man het onwettig staatsgrond verkoop
Die departement van menslike nedersettings het Donderdag gesê ʼn man is skuldig bevind op 94 aanklagte van bedrog wat met staatsgrond verband hou.
Halssnoermoorde in Johannesburg
Twee mans is Donderdag in Johannesburg in afsonderlike voorvalle onherkenbaar met buitebande verbrand.
Man vas ná “kaping”
ʼn Man is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn valse kapingsaak in Johannesburg aanhangig gemaak het.
Verkeersbeampte in spitsverkeer omgery
ʼn 43-jarige metropolisiebeampte van Johannesburg is in ʼn kritieke toestand nadat ʼn motor hom tydens spitsverkeer getref het.
Drie sterf ná glas op hulle val
Die polisie en paramedici was Woensdag ure lank op ʼn toneel in Ormonde, Johannesburg, nadat verpakte glas op drie mans geval en hulle vergruis het.
Afrika se laaste ysbeer in JHB-dieretuin uitgesit
Afrika se laaste ysbeer is dood, het die Johannesburgse Dieretuin Woensdag aangekondig.
Bejaarde man geskiet tydens Cresta-rooftog
‘n Bejaarde man is geskiet en gewond nadat drie gewapende mans eers ‘n winkel in die Cresta-winkelsentrum beroof het en toe wild begin skiet het in die parkeerarea.
Video: Tuinwerker ontvoer; uitgevra oor huiseienaar
Beeldmateriaal van kringtelevisiekamera wys hoe ‘n tuinier voor ‘n huis in Oakdene, suid van Johannesburg, deur vier mans in ‘n motor geprop word voor hulle met hom wegjaag.
Bewerings van liefdesdriehoek en aanranding in Mdluli-klagstaat
Richard Mdluli, geskorste hoof van die misdaadintelligensie-eenheid, het glo tussen 1997 en 1999 tot die uiterste gegaan om uit te vind waar sy voormalige minnares en haar man wegkruip.
Metrobeampte vas oor omkoopgeld
‘n Johannesburgse metropolisiebeampte is Saterdag in hegtenis geneem nadat hy glo omkoopgeld van ‘n vroulike motoris geëis het nadat hy haar in Fourways, noord van Johannesburg, van die pad af getrek het.
JHB-pad gesluit oor betoging
Die Johannesburgse metropolisie het Donderdag ʼn beroep op motoriste gedoen om die R554 naby Eikenhof, suid van Johannesburg, te vermy.
Wildsbokke uitgesit weens onwettige vervoer
Agt Sitatunga-wildsbokke wat op onwettige wyse van die Praag-dieretuin in die Tsjeggiese Republiek na Suid-Afrika gebring is, moes deur die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) van kant gemaak word.
Vrou vas oor sy glo man wou laat vermoor
‘n 49-jarige vrou is in Johannesburg in hegtenis geneem vir sameswering tot moord nadat sy glo haar man wou laat vermoor.
Nooddienste verhoed om brandende gebou te betree
Inwoners het nooddiensbeamptes Vrydag verhoed om ʼn brandende gebou in Johannesburg se middestad te betree, omdat daar glo misdadigers in die gebou woon.
Vasgebinde vrou na twee dae in huis gevind
‘n Tuinier het Vrydagoggend op sy bejaarde werkgewer afgekom waar sy in haar huis in Morningside, Johannesburg vasgebind was.
Man sterf in Jhb-skietvoorval
‘n Man is dood en nog ‘n man is ernstig beseer in twee aparte skietvoorvalle in Midrand en Johannesburg.
Beste vriend een dag later óók in botsing beseer
Twee beste vriende van Centurion in Gauteng is binne een dag ná mekaar in afsonderlike motorfietsongelukke beseer.
Foto’s: Skoolkinders betoog in Jhb-middestad
‘n Groot groep skoolkinders betoog in die Johannesburgse middestad.