Hulle laat ons gereeld op die verhoog, op die kassie of op die grootskerm skater. Maar wat laat bekendes soos Lizz Meiring, Melt Sieberhagen en Schalk Bezuidenhout lag?
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Johny Klein"
Namakwastories: ‘Toe uit ons waar ons uit’
Kom luister saam na “Toe uit ons waar ons uit”, ʼn kortverhaal uit ‘Vertel da’ vir my ʼn storie van Namakwaland’. Dit is deur Jan C van Wyk geskryf en word deur Johny Klein voorgelees.
Namakwastories: ‘Xau, Xjei en hulle verlamde ouma’
Luister hier na Johny Klein se vertelling van “Xau, Xjei en hulle verlamde ouma” deur Jan C van Wyk. Dit verskyn in “Vertel da’ vir my ʼn storie van Namakwaland”.
Namakwastories: ‘Ek het da’ die djirretjie so lief’
Luister hier na Johny Klein se vertelling van “Ek het da’ die djirretjie so lief” deur Jan C van Wyk. Dit verskyn in “Vertel da’ vir my ʼn storie van Namakwaland”.
Namakwastories: ‘Wagter gaan universiteit toe’
Luister saam na Johny Klein, bekende akteur en storieverteller, se voorlesing van ‘Wagter gaan universiteit toe’ wat in ‘Vertel da’ vir my ʼn storie van Namakwaland’ verskyn.
Boekvoorlesing: Gevleuelde bome
Dié week lees Johny Klein een van Tom Ackermann se kortverhale voor. Luister hier na “Gevlevelde bome”.
Boekvoorlesing: Breins
“Maar hy’t Klein-Willem gaan wegvat na die ding van die breins, want hy laat nie ʼn nefie van hom ʼn vark oppas nie.” Johny Klein is terug met nog ʼn voorlesing. Skuif nader en luister saam na PG du Plessis se kortverhaal “Breins”.
Boekvoorlesing: Nog ʼn eier te lê
“Sommer van piepklein af was die kuiken anners. Jy kon dadelik sien sy’t ʼn houding. En as groot hen was dit nog so, en met reg, want sy was nie sommer hierjy se hoender nie.” Luister hier na Johny Klein se voorlesing van “Nog ʼn eier te lê” deur Tom Ackermann.
Boekvoorlesing: Die groot dors
In “Die groot dors” word twee oujongkêrel-broers, Soois en Frans, se stryd met hul dorstigheid vertel. Luister hier na Johny Klein se voorlesing van Fesia Engelbrecht se kortverhaal.
Boekvoorlesing: Die liegdag
Johny Klein is terug met nog ʼn voorlesing. Skuif nader en luister saam na PG du Plessis se kortverhaal “Die liegdag”.
Boekvoorlesing: Sidestep tussen duine
Oom Kassie Lekkerlieg vertel in “Sidestep tussen duine” van sy noue ontkoming met ʼn sandhaai. Sal hy betyds ʼn plan kan maak wanneer hulle volspoed op sy spoor is? Luister hier na Johny Klein se aanbieding van Thomas Deacon se kortverhaal.
Boekvoorlesing: Storie met ’n angel
In “Storie met ʼn angel” het oom Willempie Donskop al sy dae met ʼn spul lastige muskiete. Boonop word hy die volgende oggend in ʼn ander wêreld wakker. Luister hier na Johny Klein se aanbieding van Thomas Deacon se kortverhaal.
Boekvoorlesing: Kowie Brönn van Montagu
Saam met ʼn koppie boeretroos sal ʼn voorlesing van ‘Kowie Brönn van Montagu’ deur Abraham H de Vries vorentoe smaak. Luister hier na Johny Klein, bekende akteur en storieverteller, se aanbieding.