Die ANC is die perfekte voorbeeld van ʼn slapende jakkals wat hoenders tel in sy drome. Kom Augustus, dan deel hulle landwyd geel hempies, kospakkies en leë beloftes uit – net genoeg om sy stemme te behou, skryf Henlo Swart.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "#JongStemme"
#JongStemme: Hoop ná die ‘verlore’ jaar
Gedurende hierdie onseker tydperk, moes ek ongelukkig ook ’n paar mense, mense na aan my, aan die dood afstaan. Een van hulle was ons geliefde skoolhoof van die HTS Drostdy, skryf Robert-Andrew Adshade.
#JongStemme: Vakbonde buite hul vakgebied
Die magstryd tussen vakbond en regering is egter niks nuut nie. Die septer word reeds in verskeie sektore eerder deur vakbonde geswaai, in plaas van deur die staatsdepartemente wat dit na regte behoort te doen, skryf Walden van der Walt, ’n matriekleerder aan die Hoërskool Stellenbosch.
#JongStemme: Matriekpunte is nie alles nie
Van kleins af is ek, en omtrent almal wie ek ken, vertel van die belang wat punte dra en dat ons lewe sonder goeie punte niks anders as onsuksesvol kan wees nie, skryf Nicolas Rust.
#JongStemme: En wat beteken Afrikaans vir jou?
Hierdie taal strek oor die Vrystaat se vlaktes en delf diep in die klowe van die Drakensberge waar dit op ’n tyd geëggo het, skryf Esmari Marais.
#JongStemme: Is verskuiwing na afstandonderrig regtig vooruitgang?
Ek glo egter dat die skrap van klasloop en die sosiale studentelewe wat met tersiêre onderwys gepaardgaan, nie die beste pad vorentoe is nie, skryf Mihan van Zyl.
#JongStemme: Is jy die ruggraat of die rugsak?
Ek voel dat hierdie eindelose geskree in die kuberruim ’n nuttelose oefening is, behalwe wanneer aksie daarmee saamloop. Woorde wek, maar voorbeelde trek, skryf Maree van den Berg.
#JongStemme: Ken jouself voor jou baas jou ken
Maar wat beteken dit om jouself te ken? Het jy nodig om op ‘n meditasie-uitstappie te gaan, of om ‘n gapingsjaar ná skool te doen?
#JongStemme: Die orkaan Matriek-2020
Asof dit nie erg genoeg was om gedurende ’n pandemie matriek klaar te maak nie, voel dit vir jou asof jou eie pandemie nie end kry nie, want hier sit jy nog en wag vir die finale bevestiging dat jy dit gemaak het, skryf Kayla Vogler.
#JongStemme: Regering se slagoffermentaliteit
Onse ANC het vir hulself ’n slagoffermentaliteit toegeëien en dít gee hulle (blykbaar) die vryheid om sonder skaamte hulpeloos te wees, skryf Pieter-Ben Roos.
#JongStemme: Waarom voel ons deesdae ons wil net ’n breek vat?
Moenie dat die glinster in jou oog die refleksie van ’n skerm word nie, skryf Elisma Olivier van Viljoenskroon in die Vrystaat.
#Jongstemme: Die nostalgie uit Suid-Oos Asië…
Alhoewel Viëtnam ons met ‘n klapsoen en Hanoi-bier verwelkom het, bly dit ‘n onbekende wêreld vir beide jong man en vrou om hul geboorteland te verlaat en ‘n ander land “huis” te noem, skryf Corli Henderson.
#JongStemme: Alle BA-grappies op ʼn stokkie
Jou beroep en passie maak ʼn groot deel van jou identiteit uit, dit is dus belangrik om nie aan ander gehoor te gee wat nie in jou skoene was of is nie, skryf Lezahne Nel, ʼn student aan die NWU se Potchefstroom-kampus.
#JongStemme: Sport is ‘n basiese mensereg
Sport het ‘n onvervangbare deel van kinders se ontwikkeling geword, en moet dus beskou word as ‘n basiese mensereg, eerder as ‘n luuksheid, skryf Edané Combrinck.
#JongStemme: Geskiedenis-vrees: waarom wil ons nie van gister hoor?
Vir een of ander rede is ons jongmense nie vreeslik gepla oor die geskiedenis nie. Daar is natuurlik verskeie redes hiervoor, skryf Daniël Goosen.
#JongStemme 2020 – ʼn Stem teen die storm
Ons het gelees van matrieks wat nie weet hoe nou nie, ons het verneem van au pairs in Nederland, stropers in Amerika, en sommer net van vasgevangde studente in Pretoria – elkeen met ʼn unieke storie, elkeen met iets om te vertel.
#JongStemme: Fokus meer op jeug se geestesgesondheid
Ons lewe in ‘n tydperk waar dit ‘n skande is as iemand ‘n geestesversteuring het. Ons durf nie oor depressie of selfdood onder die jeug praat nie, dis ‘n verbode onderwerp, skryf Megan Chippett, ‘n 21-jarige onderwysstudent van Pretoria.
#JongStemme: Is kleurblindheid voordelig?
Kleur soos kultuur, taal en kreet het, en sal altyd, as bepaler onder mense dien, skryf Sven Spangenberg, ‘n tweedejaarstudent aan die Universiteit van Pretoria.
#JongStemme: StudentePlein gaan Afrikaanse slimkampus bou
Hierdie vooruitsig is belangrik in Suid-Afrika waar die idee dat die meerderheid altyd moet regeer, té dikwels tot die normalisering van lae standaarde lei, byvoorbeeld dat daar slegs een taal moet wees of slegs een kulturele regime wat ten alle koste nie die meerderheid moet uitsluit nie.
#JongStemme: Waarom in Afrikaans studeer? Want ons is sáám in dié ding!
Die taal word deur sy sprekers geskep en ook deur hulle onderhou, skryf Frederik van Dyk, ’n LLM-kandidaat en direksielid van StudentePlein NWO.