Die ervare Springbokflank Schalk Burger (71 toetse) sal nog Vrydag vir sy Japanse klub speel en hom daarna in Kaapstad by die Springbokgroep aansluit in die plek van die beseerde François Louw
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Juan Smith"
Alberts nog nie reg; Whiteley weer in Bokgroep
Die Springbokflank Willem Alberts kon Donderdag nie sy fiksheidstoets slaag nie en word in die Springbokgroep na Australasië deur die Goue Leeus se kaptein en agsteman, Warren Whiteley, vervang.
Juan na vier jaar terug in Springbokspan
Juan Smith maak die naweek in Salta ‘n merkwaardige terugkeer tot Springbokrugby nadat hy sy 69ste en laaste toets in November 2010 gespeel het. Hy is een van drie veranderinge in die opdrafspan teen Argentinië.
Juan opgeroep om Bok-krisisse te besweer
Behalwe Victor Matfield se besering is Jean de Villiers ook nog nie fiks verklaar vir die toets teen Argentinië nie. Intussen is Juan Smith vir die oefengroep opgeroep. Dit is ook moontlik dat Matfield glad nie in die Rugbykampioenskap sal kan speel nie.