Die kliniese juridiese proses waarop Julius Malema hom beroep om wetgewing waarvolgens hy aangekla word, ongrondwetlik te laat verklaar, word deur erge rassistiese uitlatings oor wit mense, en absoluut verkeerde historiese feite oor grondbesit, erg versuur.
Alles vir die sleutelwoord "Julius Malema"
Malema: ‘Wittes nie geregtig op grond nie’
Julius Malema, EFF-leier, het Maandag gesê wittes is geensins geregtig daarop om grond in Suid-Afrika te besit nie, aangesien wittes “swart volksmoord gepleeg het” toe hulle swartes van hul grond ontneem het.
Julius Malema gaan Wet in hof daag
Julius Malema, leier van die EFF, het Maandag in die Newcastle-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn.
Julius Malema in hof
“Ons is ten volle bewus daarvan dat die aanklagte [teen Malema] ʼn politieke besluit van ʼn gekaapte regering is, wat ongetwyfeld besig is om ʼn outoritêre regime te word en enigiets moontlik sal doen om sy korrupte winste te verdedig.”
Sensuur van Steve Hofmeyr dui op dieperliggende probleem
Suid-Afrikaners moet hulself ook vra of Suid-Afrika werklik die beste grondwet in die wêreld het en of Suid-Afrika werklik ’n wonderwerk is. Dit lyk of Suid-Afrika al hoe minder vry word hoe verder ons die “vrye, nuwe Suid-Afrika” betree.
EFF beplan groot optog in Pretoria
Die Ekonomiese Vryheidsvegters beplan ʼn groot optog in Pretoria op 2 November.
Malema moet dan in hof verskyn
Julius Malema, leier van die EFF, moet in die hof verskyn op twee aanklagte van aanhitsing om ʼn misdryf te pleeg.
Julius Malema ontvang dagvaarding
Julius Malema, leier van die EFF, het Donderdag ʼn dagvaarding ontvang terwyl hy besig was om verslaggewers toe te spreek tydens ʼn mediakonferensie.
‘ANC gebruik apartheid as verskoning’
Julius Malema, leier van die EFF, het Sondag gesê die ANC moet ophou om die nalatenskap van apartheid te gebruik as ʼn rede om nie dienste aan Suid-Afrikaners te lewer nie.
MRK moet Malema-uitsprake ondersoek, vra VF Plus
Die VF Plus het die SA Menseregtekommissie (MRK) versoek om klagte te ondersoek teen die EFF-leier, Julius Malema, nadat hy mense onder meer aangehits het om onwettig grond van wittes af te neem en te beset.
Julius Malema met klippe gegooi
Julius Malema, leier van die EFF, is Saterdagmiddag tydens ʼn EFF-byeenkoms naby Richardsbaai in KwaZulu-Natal met klippe bestook.
Malema wen hofgeding na verwydering uit parlement
Die hoogste hof van appèl het Vrydag in die EFF-leier, Julius Malema, se guns beslis deur te bevind dat hy twee jaar gelede onregmatig uit die parlement verwyder is nadat hy gesê het die regering het die mynwerkers by Marikana “vermoor”.
Parlement gevra om bewerings oor Malema-lyfwag te ondersoek
Die ANC het geëis dat die parlement onmiddellik bewerings ondersoek dat een van Julius Malema, die leier van die EFF, se lyfwagte die parlement binnegekom het toe daar Dinsdag ʼn gestoei tussen die EFF-LP’s en die parlementêre veiligheidswagte ontstaan het.
Wanneer ideologie katastrofies raak
Die les is: Met politieke, maatskaplike en ekonomiese oortuigings is niks verkeerd nie; ook nie dat ons nie oor alles saamstem nie. Dis juis gesond. Maar ideologiese fanatisme wat nie rekening met die werklikheid hou nie, is katastrofaal.
‘EFF moet strafregtelik aangekla word’
Malema het later gesê die president sal nooit vrede in die parlement vind nie en die EFF sal “enige wapen” gebruik om teen hom te baklei.
Malema gewaarsku: ‘Die Boeremag se lot wag op jou’
Jackson Mthembu, die ANC se hoofsweep, het EFF-leier Julius Malema Woensdag gewaarsku dat hy binnekort dieselfde pad kan loop as die Boeremag-lede wat aan hoogverraad skuldig bevind is.
Soldate, polisie ondersteun die EFF, sê Malema
Julius Malema, leier van die EFF, het Saterdag beweer talle lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en die Suid-Afrikaanse Polisiediens ondersteun sy party.
ANC-jeugliga: ‘Laat soldate los op EFF’
Die ANC-jeugliga het gesê hy sal verhoed dat die EFF “die land destabiliseer”.
‘Valke gaan Malema ondersoek’
Die Valke gaan strafregtelike klagtes teen Julius Malema, leier van die EFF, ondersoek, het die minister van polisie gesê.
ANC vra parlement om Malema-uitsprake te ondersoek
Die ANC-hoofsweep het Dinsdag gesê die party sal die parlement se etiekkomitee versoek om EFF-leier Julius Malema se uitspraak dat “die regering verwyder sal word” te ondersoek en die nodige stappe te doen.