Meer as 200 onderwysers van 51 Afrikaanse skole het Maandag onderneem om kinders se fisieke en emosionele welstand altyd eerste te stel in skolesport.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Junior Rugby"
Elf van 2016 se Junior Bokke na oefenkamp vir o.20-Wêreldkampioenskap
Elf spelers wat Suid-Afrika verlede jaar by die o.20-Wêreldkampioenskap in Manchester verteenwoordig het, is na die eerste oefenkamp in Stellenbosch ter voorbereiding vir vanjaar se toernooi genooi.
SA Rugby nomineer sy uitblinkers
Vyf lede van die Springbokspan – Jean de Villiers (kaptein), Bismarck du Plessis, Eben Etzebeth, Willie le Roux en Duane Vermeulen – ding mee om as die speler van die jaar gekroon te word.