Die motorfietsryer Paul Carr (42) wat daarvan verdink word dat hy glo ʼn ander motorfietsryer, Justin de Freitas (32), Saterdag in die vroeë oggendure buite ʼn kroeg by ʼn oord naby Polokwane in Limpopo met ʼn mes doodgesteek het, is Donderdag op borgtog vrygelaat.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Justin de Freitas"
Motorfietsryer-moord: Verdagte in hof terwyl familie rou
Terwyl Justin de Freitas (32) se gesin reëlings moet tref vir dié pa van drie se begrafnis, het sy vermeende moordenaar Dinsdag in die hof verskyn ná ʼn voorval Saterdagoggend voor ʼn motorfietssaamtrek sowat 3 km buite Polokwane in Limpopo.
Motorfietsryer by saamtrek doodgesteek
ʼn Motorfietsryer is glo Saterdag by ʼn motorfietssaamtrek buite Polokwane in Limpopo deur ʼn ander motorfietsryer doodgesteek.