“Dit is regtig teleurstellend dat een van ons by dié soort aktiwiteit betrokke was.”
Alles vir die sleutelwoord "Kaapstad"
Tutu bly in die hospitaal
Die Desmond en Leah Tutu-stigting sê die afgetrede aartsbiskop Desmond Tutu het ʼn “klein prosedure” ondergaan sodat dokters die infeksie, waarmee hy nou al ʼn paar weke lank sukkel, kan ondersoek.
Leier steeds agter tralies ná hy sê ‘maak boosdoeners dood’
Andile Lili, leier van die Ses’Khona-beweging, bly in aanhouding nadat hy glo vandeesweek in Kaapstad gesê het dat boosdoeners vermoor moet word.
Adjunkminister van polisie gaan gevalle polisieman se familie besoek
Maggie Sotyu, adjunkminister van polisie, gaan Vrydag die gesin van ao. Burger Holz (49), wat Woensdag op die N2-snelweg in Kaapstad vermoor is toe sy motor glo ʼn versperring in die pad getref het, besoek.
Vrou vas op Kaapstad Lughawe
ʼn 36-jarige vrou is by die Kaapstad Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat daar glo kokaïen in haar besit gevind is.
LP’s versoek nóg snelwegpatrollies ná N2-moord
Die parlement se portefeuljekomitee oor polisie het Donderdag opnuut die Wes-Kaapse polisie versoek om snelwegpatrollies op die N2 te verskerp nadat ʼn beampte van die Valke op dié pad vermoor is.
Musiekpromotor in hof ná vulstasiemoord
David Forbes, die stigter van Boksburg se H20-partytjies en ʼn musiekkonsultant, het Woensdag in die Kaapstadse streekhof verskyn op aanklag van die moord op Toufiq Joseph.
Verdagte met speelgoed-AK47 betrap
ʼn Verdagte is in die Vredehoek-omgewing in hegtenis geneem en word moontlik met drie sake van diefstal in die omgewing verbind.
Stad Kaapstad waarsku teen onwettige HOP-huise
Die stad Kaapstad het voornemende kopers van HOP-huise gewaarsku om seker te maak dat die huis wat hulle beplan om te koop, wel wettig verkoop mag word.
Oud-student van Kaapstad sterf in reksprongongeluk
Kleyo de Abreu (23), ʼn oud-student van die Kaapse Skiereiland-Universiteit van Tegnologie, is dood toe sy tydens ʼn reksprong in Spanje teen ʼn ou klipbrug vasgeswaai het.
Drie dood in gru-ongeluk op N2
Drie mense is dood en drie ander ernstig beseer in ʼn trompop botsing Vrydagaand op die N2 in Kaapstad.
Moord op Kaapse uitsmyter: hofrol te vol vir borgtogaansoek
ʼn Aansienlike agterstand in die hofrol het Donderdag veroorsaak dat die borgtogaansoek van drie mans wat teregstaan op die moord van ʼn uitsmyter van ʼn gewilde kuierplek in Kaapstad, uitgestel moes word.
Kaapstad prokureur in hof oor diefstal van R6 m.
Anthony Peter Reynolds (52), ʼn prokureur wat glo miljoene uit ʼn trustrekening gesteel het, het Dinsdag in ʼn hof in Kaapstad verskyn.
Jhb vrou vas oor tik in babakombersie
ʼn Vrou van Johannesburg is Dinsdagoggend by die Kaapstad Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat tik, ter waarde van ongeveer R1.4 miljoen, in haar bagasie gevind is.
Ry-en-praat: 10 000 selfone in Kaapstad afgevat
Verkeersbeamptes in Kaapstad het al op byna 10 000 motoriste se selfone beslag gelê.
Tutu steeds in hospitaal
Aartsbiskop Desmond Tutu word steeds in ʼn Kaapse hospitaal behandel.
43 ‘dronkbestuurders’ by een padblokkade aangekeer
Verkeersbeamptes in Kaapstad het oor die naweek 43 persone voorgekeer wat na bewering onder die invloed van alkohol bestuur het. Dit is die grootste groep motoriste wat nog ooit in ʼn enkele padblokkade aangekeer is.
Busdienswerkers vas ná hulle dwelms vervoer
Twee werknemers van ʼn langafstand-busdiens is in hegtenis geneem nadat R2 miljoen se dwelms gevind is waar dit in ʼn bus versteek was.
Vier staatsamptenare in hof oor ‘lisensiebedrog’
Vier amptenare van die Kaapse stadsraad het Woensdag in die streekshof verskyn in verband met die beweerde uitreiking van vals voertuigregistrasielisensies aan taxibase.
Nog bewerings teen polisie ná meisie bebloed langs straat gevind is
Die polisie ondersoek bewerings dat beamptes geweier het om ʼn saak oop te maak nadat ʼn jong vrou bebloed langs ʼn straat in Kaapstad gevind is, omdat hulle glo gesê het sy “is net dronk”.