Tot soveel as 6 000 brandbestryders was Dinsdag te midde van rekordtemperature nog besig om veldbrande in die droogtegeteisterde Kalifornië te bestry.
Alles vir die sleutelwoord "Kalifornië"
Baie beseer in Kalifornië-aardbewing
Sowat 170 mense is in hospitale opgeneem nadat ʼn aardbewing van 6 op die momentmagnitudeskaal Sondag net noord van San Franciscobaai voorgekom het.
Video: Motor beland in swembad toe sandaal vashaak
ʼn 85-jarige man van Kalifornië in Amerika het Saterdagoggend met sy motor in ʼn swembad beland.
Reuseskilpad veilig tuis danksy Facebook
Clark, ʼn reuseskilpad wat byna 70 kg weeg, is veilig terug by die huis nadat polisiebeamptes hom in die straat opgespoor het.
Video: Massamoordenaar se dodelike wraak op vroue
Elliot Rodger (22) wat Vrydagaand ses mense in ‘n moordorgie in Kalifornië, Amerika doodgeskiet het, het voor die voorval ‘n video opgelaai waarin hy verklaar dat hy vroue gaan “slag” uit wraak omdat hulle nie tot hom toegeneë gevoel het nie.
Video: 20 000 huise ontruim in Kalifornië oor bosbrand
Sowat 20 000 huise en drie skole in San Diego in Amerika is ontruim nadat ‘n groot bosbrand die gebied bedreig het.
Video: Tiener oorleef vliegtuigrit Hawaii toe in wielruimte
Lugvaart- en gesondheidsowerhede in die VSA is dronkgeslaan oor hoe ‘n tiener wat van die huis weggeloop het, ‘n vlug van vyf en ‘n half uur van San José in Kalifornië tot in Hawaii in die wielkompartement van die vliegtuig kon oorleef.
Video’s: TV-aanbieders se reaksie toe aardbewing tref
ʼn Aardbewing van 4.4 op die Richterskaal het Maandag die suide van Kalifornië in Los Angeles geruk.
Reuse aardbewing skud Kalifornië
‘n Groot aardbewing van 6,9 op die momentmagnitudeskaal het pas die noorde van Kalifornië getref. Verskeie naskokke het ook reeds voorgekom.
Taal lei tot skeiding en twis oor grondslagonderrig in Kalifornië
Terwyl die stofwolke nog hang oor wat prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, oor grondslagonderrig in Engels gesê of bedoel het, het ‘n soortgelyke kwessie in twee verskillende dele van die wêreld die nuus gehaal – Nederland en Kalifornië.
Jagter, nie daggaplanter, rede vir reuse brand
Volgens die jongste inligting het ‘n jagter wat nie sy vuurtjie behoorlik geblus het nie, die reuse bosbrand in Kalifornië veroorsaak wat sedert 17 Augustus woed.
Kalifornië verbied homoterapie
Kalifornië
het die eerste Amerikaanse deelstaat geword wat die omstrede terapie vir homoseksuele minderjariges verbied.