Die departement van gesondheid moet ʼn vrou wat verkeerdelik met borskanker gediagnoseer is en ʼn dubbele mastektomie ondergaan het, skadevergoeding van R2,8 miljoen betaal, berig die Saturday Star.
Alles vir die sleutelwoord "kanker"
Bekende prediker en skrywer sterf
Dr. Willie Marais, ‘n bekende predikant en skrywer, is Sondagoggend in die ouderdom van 84 oorlede. Hy het aan Parkinson se siekte en kanker gely.
Internetgebruikers los spesiale familieraaisel op
Internetgebruikers het ʼn familie se grootste raaisel, wat ‘n ouma wat besig was om weens breinkanker te sterf vir hulle gelaat het, opgelos.
Skoolmeisies gaan kanker-immunisering kry
President Jacob Zuma het Donderdag gesê laerskoolmeisies gaan vanjaar teen die menslike papilloomvirus (HPV), die oorsaak van servikale kanker, geïmmuniseer word.
Braaier uit winkels verwyder wat glo giftige nikkel afskei
Massdiscounters, waaraan Game-kettingwinkels behoort, het Woensdag gesê hulle gaan ʼn sekere braaier uit sy winkels verwyder nadat dit onder Maroela Media se aandag gekom het dat die braaier se rooster glo nikkel afskei indien dit gebruik word.
Baarmoeders suksesvol oorgeplant
Nege vroue in Swede het suksesvol baarmoederoorplantingsoperasies ondergaan en sal binnekort probeer om swanger te raak.
‘Profeet’ Kobus van Rensburg begrawe
Ondanks die familie en lidmate van Spirit Word Ministries se geloof dat die selfverklaarde profeet Kobus van Rensburg uit die dood sou opstaan, is hy Vrydag uit dié kerk in Stilfontein in Noordwes begrawe.
“Profeet” Kobus van Rensburg sterf
Die selfverklaarde profeet, Kobus van Rensburg, is Saterdagoggend omstreeks 03:30 dood ná ʼn lang stryd teen kanker.
Foto’s: Pa en dogtertjie bou saam nuwe herinneringe ná jong ma sterf
Ou troufoto’s help ʼn pa van Ohio in Amerika om ʼn brug te bou tussen die seer oor die afsterwe van sy jong vrou en die hoopvolle toekoms propvol nuwe herinneringe en avonture saam met sy klein dogtertjie.
Video: Al is dit net vir ‘n sekonde
ʼn Nie-winsgewende organisasie in Frankryk het besluit om 20 kankerpasiënte te help om van hul siekte te vergeet, al is dit net vir ʼn sekonde.
Video: Kankerbehandeling vertraag weens Pelindaba-lekkasie
Weens ‘n radioaktiewe lekkasie by die Pelindaba-kernnavorsingsentrum is daar kankerpasiënte wat nou rééds twee weke langer moet wag vir behandeling.
Boek: Dit vat guts
‘n Aangrypende, insigryke en eerlike verhaal van ‘n tiener wat worstel met haar pa se kanker en sy uiteindelike dood – terwyl die lewe vir haar en haar gesin moet aangaan. Die boek gaan oor die dood, maar veel meer oor die lewe, drome, verliefraak, engele, en ‘n perd genaamd Harry.
Voormalige Bafana Bafana-speler sterf
Keryn Jordan, voormalige Suid-Afrikaanse sokkerspeler, is Maandagoggend in Pretoria oorlede na ʼn lang stryd met kanker.
Video: Vrou klou vir haar lewe aan ‘n brug ná kanker-staptog
ʼn Vrou van Florida in Amerika moes Saterdag 20 minute lank vir haar lewe klou nadat sy op ʼn spoorweg-valbrug beland het nadat die brug oor New-rivier in Fort Lauderdale oopgemaak het.
Video: Kankerpasiëntjies “sing” oor hul dapperheid
“Kyk na dié video wanneer jy nodig het om te besef wat eintlik belangrik is,” het een van die gebruikers op YouTube in sy kommentaar geskryf.
Clarens-bejaarde dood aangetref
Daniel Meyer Wybenga (69) is Maandag dood aangetref in sy huis in die rustige toeristedorpie Clarens in die Vrystaat.
Talle SA’ners glo vet en oorgewig
Meer as die helfte van Suid-Afrikaanse huishoudings het nie gereelde toegang tot genoeg voedsel nie, terwyl daar ʼn skokkende hoeveelheid oorgewig mense in die land is.
Rokers moet aansoek doen vir lisensies
Kanker-kenners in Australië wil glo lisensies uitreik vir rokers.
Video: Sterwende kleuter is ouers se strooijonker
Christine Swidorsky en Sean Stevenson van Pennsylvania in Amerika trou Saterdag, maar die geleentheid sal met ‘n traan gevier word wanneer hul sterwende tweejarige seun, Logan, as hul strooijonker sal optree.
Unieke liefdesverhaal
Les en Helen Brown van Kalifornië in Amerika is op dieselfde dag gebore, het hul 75ste huweliksherdenking verlede jaar gevier en word vandag begrawe nadat hulle een dag ná mekaar gesterf het.