‘n Man is Donderdagaand in Midrand in hegtenis geneem nadat hy glo betrokke was by twee gewapende kapings en die besit van twee gesteelde motors.
Alles vir die sleutelwoord "kaping"
Sewe vermeende kapers vasgetrek
Sewe mans is in Soweto in hegtenis geneem vir die beweerde kaping en besit van gesteelde eiendom ter waarde van ongeveer R120 000.
Ontvoerde baba tydens dwelmklopjag opgespoor
ʼn Twee maande oue baba wat in Januarie tydens ʼn kaping ontvoer is, is Vrydag by ʼn vrou in Brakpan opgespoor met 14 pakkies methcathinone (cat) in die baba se doek.
Twee vroue vas oor gekaapte voertuig
Twee vroue is in Soweto in hegtenis geneem nadat hulle glo met ʼn gekaapte voertuig betrap is, het die polisie in Gauteng Maandag gesê.
Vrou vas oor vals kapingsklag
ʼn 27-jarige vrou is Woensdag in hegtenis geneem nadat sy glo ʼn vals klag oor ʼn kaping by die polisie gelê het.
Ontvoerde tweejarige opgespoor
ʼn Tweejarige seuntjie van Durban, wat ontvoer is toe sy pa se bakkie gekaap is, is by ʼn manskoshuis in KwaMashu in KwaZulu-Natal opgespoor.
Tweejarige seuntjie ontvoer tydens kaping
ʼn Tweejarige seuntjie is Donderdagaand in Durban ontvoer deur kapers wat sy pa se bakkie gesteel het, het die polisie in KwaZulu-Natal Vrydag gesê.
Kapingsvideo: Kar in sokkerspeler se erf gevind
Kaizer Chiefs-sokkerklub het Dinsdag bevestig dat ʼn voertuig, wat in Johannesburg se middestad gekaap is, op een van sy spelers se parkeerplekke opgespoor is.
Kapingsvideo: Vier in hof
Vier mans wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn kaping in Johannesburg se middestad wat op kringtelevisiekameras vasgevang is, het Vrydag in die stad se landdroshof verskyn.
Kapingsvideo: Vier mans vasgetrek
Vier mans is in hegtenis geneem in verband met die kaping van ʼn familiemotor in Johannesburg se middestad. Kringtelevisiebeeldmateriaal van die kaping is oral op sosialemedia-netwerke versprei.
Polisie soek nog na kapers
Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met ʼn kaping van ʼn familievoertuig waarvan kringtelevisiebeeldmateriaal op YouTube beland het nie.
Nóg ʼn video van ʼn JHB-kaping
Nóg ʼn skokvideo is op YouTube gelaai wat wys hoe ʼn groep mans ʼn voertuig in Johannesburg se middestad kaap.
SA bloediger as verlede jaar, wys statistiek
Die vrystelling van die jaarlikse nasionale misdaadstatistiek vandag deur die minister van polisie, Nathi Mthethwa in Pretoria, skilder ’n bloedige prentjie wat deur een ontleder as “die swakste syfers in tien jaar” bestempel is.
UJ-ontvoering: Verdagte vasgetrek
‘n 18-jarige man is Vrydag in Ennerdale in die suide van Johannesburg in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van ‘n student aan die Universiteit van Johannesburg.
PTA-man skiet vermeende rower voor sy huis dood
Karel Liebenberg, ʼn inwoner van Rooihuiskraal, het Dinsdagaand ʼn vermeende rower voor sy huis doodgeskiet.
Polisie skiet ‘kaper’
ʼn Vermeende kaper is Maandag in ʼn skietvoorval met die Johannesburgse metropolisie geskiet.
Gekaapte vragmotor met medisyne, selfone, opgespoor
ʼn Gekaapte vragmotor wat medisyne en selfone van meer as R7 miljoen vervoer het, is Woensdag in Primrose, Gauteng, opgespoor.
Jong Gauteng-vrou moontlik ontvoer
Mense in Gauteng word versoek om op die uitkyk te wees vir ʼn wit Polo Vivo, nadat ʼn jong vrou glo omstreeks 14:00 gekaap en ontvoer is.
Vrou ure na kaping in kattebak aangehou
Dorothy Carlyle (59) van Durban is erg aangerand en was ure lank in haar motor se kattebak toegesluit nadat sy gekaap is.