Die meeste geskorste onderwysers word van seksuele verhoudings met hul studente beskuldig. Daar is ook talle klagtes van onderwysers wat nie hul pligte nakom nie, nalatigheid en diensweiering.
Alles vir die sleutelwoord "Kenia"
Blitse op stryk teen Engeland, nou teen Kenia in kwarteind
Die Blitsbokke sal Sondag in die kwarteindstryd in Sydney teen Kenia te staan kom nadat hulle Saterdag met ʼn baie goeie vertoning vir Engeland 33-12 in hulle laaste groepwedstryd geklop het.
Onnie se man vas ná moord
Gabrielle is doodgeskiet terwyl sy huis toe gestap het in die welgestelde voorstad Karen in Nairobi.
[Video] Skaars wit kameelperde gewaar
ʼn Video van twee skaars wit kameelperde het sosiale media aan die gons.
Duitse skepdoel kelder Kenia in laaste minuut
ʼn Skepdoel in die 80ste minuut van sy kragmeting Saterdag teen Kenia in Nairobi het verseker dat Duitsland die eerste toets tussen die twee lande wen.
Nóg ʼn speler uit SA maak buiging vir Duitsers
Die soveelste speler uit Suid-Afrika maak Saterdag sy buiging vir Duitsland wanneer dié in Nairobi met Kenia kragte meet.
Man vas wat op Facebook spog oor dade met meisie
ʼn Man is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy op Facebook gespog het oor seksuele dade met ʼn skoolmeisie.
Video: Bye red boere van olifantskade
Dit is nog ʼn goeie bewys van hoe mense sáám met pleks van téén die natuur kan werk. Die landerye word nou met rus gelaat en die neweproduk is heuning, wat ten duurste aan ʼn gretige mark verkoop word.
Baba ná meer as drie dae uit puin gered
ʼn Ses maande oue babadogtertjie is Dinsdag gered uit die puin van ʼn gebou wat Vrydagaand in die Keniaanse hoofstad, Nairobi, ineengestort het.
Kenia verbrand wêreld se grootste stapel ivoor
Kenia se president het Saterdag die wêreld se grootste voorraad ivoor en renosterhorings aan die brand gesteek as ʼn teken dat dié land nie stropery sal duld nie.
Leeus ontsnap uit Nairobi-wildtuin
ʼn Paar leeus het Vrydagoggend uit die Nairobi-wildtuin in Kenia ontsnap en is glo op vrye voet in die hoofstad.
Al-Shabaab val militêre basis in Kenia aan
Die Somaliese terreurbeweging, Al-Shabaab, het ’n militêre basis in Kenia naby die Somaliese grens bestorm. In die daaropvolgende gevegte is 11 terroriste en twee Keniaanse soldate doodgeskiet.
Kenia-aanval: Vyf vas
Vyf verdagtes is in hegtenis geneem in verband met Donderdag se aanval op die Garissa University College in Kenia. Minstens 147 mense is in dié aanval dood.
Kenia-aanval: Dodetal styg tot 147
Die dodetal in Donderdag se aanval op die Garissa University College in Kenia het tot 147 gestyg.
Kenia-aanval: Studente glo onthoof
Talle studente is glo tydens Donderdag se aanval op die Garissa University College in Kenia onthoof.
Kenia-aanval: Dodetal styg tot 15
Minstens 15 mense is reeds dood nadat ’n groep van vyf gewapende mans die gebouekompleks van die Garissa University College in Kenia bestorm en beset het.
SA vrou in Kenia betrap met dwelmmiddels
ʼn 45-jarige vrou van Suid-Afrika is in Kenia in hegtenis geneem nadat sy glo met kokaïen ter waarde van R1.7 miljoen betrap is, het die SAUK Dinsdag berig.
Wêreldrekord verbreek: Vinnigste marathon ooit
Dennis Kimetto van Kenia het Sondag die marathon-wêreldrekord gebreek.
Keniaanse kusdorp aangeval; minstens 48 dood
Minstens 48 mense is dood nadat vermeende Al-Sjabaab-rebelle op die Keniaanse kusdorp Mpeketoni toegesak het.
10 beseer ná handgranaat in restaurant ontplof
Tien mense is Donderdag beseer nadat aanvallers ʼn handgranaat in ʼn restaurant by ʼn gewilde toeriste-dorp in Kenia ingegooi het.